Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Leeus onder druk teen kampioenspan

Die Leeus smag Vrydag na die nuwe ervaring om te weet hoe dit voel om ’n rugbywedstryd in Christchurch te wen, wanneer hulle die kampioen, die Crusaders, aandurf.

Die Leeus het verlede jaar tot in die eindstryd gevorder, maar die laaste hekkie in die einste Christchurch was weer eens vir hulle net té hoog.

Warren Whiteley en Aphiwe Dyantyi is twee Leeus wat Vrydag hul hand teen die Crusaders moet opsteek indien die Johannesburgers ’n wenkans in Christchurch wil staan. Foto: Getty Images

Warren Whiteley se span het verlede week teen die verwagting ’n baie ontwrigtende week op sy kop gekeer deur die Chiefs in Hamilton te klop. Dit sal die besoekers uit Johannesburg se hoop die hoogte laat inskiet dat hulle dieselfde medisyne teen die Super-kampioen kan uitdeel.

Dit gaan ’n geweldige uitdaging wees, want die Crusaders is nie verniet die kampioen nie en ook vanjaar goed op dreef én die voorloper in die Nieu-Seelandse konferensie.

Boonop het hulle die drieëvraat George Bridge terug ná ’n besering en is die All Black-haker Codie Taylor ook weer op sy pos om die Leeus voorlangs te help kasty.

Boonop is die Leeus sonder hul Springbok-haker, Malcolm Marx, en die man wat nog in elke wedstryd die vuur voorlangs aangesteek het.

Dit gaan ’n groot uitdaging vir die Leeus sonder hom wees, en daarom sal Whiteley, Kwagga Smith en Cyle Brink moet vergoed vir Marx se afwesigheid.

Die resep vir sukses teen die Chiefs, oorheersing voorlangs, sal weer gevolg moet word, maar of dit vermag sal kan word, is ’n ope vraag.

Kieran Read en Sam Whitelock is ou hande wat weet hoe om die pap dik aan te maak. Die tuisspan het ook ’n stewige skrum met All Black-ervaring in die voorry en dit gaan die Leeus kwaai op die proef stel.

Sou die Leeus wel hul kwota balbesit kry, sal daar dan gehoop moet word dat Shaun Reynolds sterk kan staan op losskakel en die spelers aan sy buitekant genoeg en kwaliteit hardloopkans gee.

Gebeur dit, en hulle verdedig ook stewig, kan die Leeus hul wendroogte in Christchurch breek, anders gaan dit maar weer die gebruiklike medisyne wees wat hulle sal moet sluk.

*Spanne:

Crusaders: David Havili, Sevu Reece, Braydon Ennor, Ryan Crotty, George Bridge, Richie Mo’unga, Mitchell Drummond, Kieran Read, Billy Harmon, Whetukamokamo Douglas, Sam Whitelock (k), Quinten Strange, Michael Alaalatoa, Codie Taylor, Joe Moody. PLAASVERVANGERS: Ben Funnell, Harry Allan, Oliver Jager, Mitchell Dunshea, Jordan Taufua, Ere Enari, Mitchell Hunt, Ngane Punivai.

Leeus: Ruan Combrinck, Sylvian Mahuza, Lionel Mapoe, Elton Jantjies, Aphiwe Dyantyi, Shaun Reynolds, Nic Groom, Warren Whiteley (k), Cyle Brink, Kwagga Smith, Marvin Orie, Stephan Lewies, Carlu Sadie, Robbie Coetzee, Sti Sithole. PLAASVERVANGERS: Jan-Henning Campher, Nathan Mcbeth, Johannes Jonker, Wilhelm van der Sluys, Marnus Schoeman, Ross Cronjé, Franco Naude, Tyrone Green.

Skeidsregter: Paul Williams. Assistent-skeidsregters: Mike Fraser, James Munro (almal Nieu-Seeland). TV-skeidsregter: Aaron Paterson (Nieu-Seeland). Afskop: 09:35 (SS 1, GDN).

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Leeus  |  Crusaders  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.