Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Leeus ook in Durban sonder Whiteley

Dit is Saterdag weer ’n Warren Whiteley-lose Leeus wat opruk Durban toe om die Haaie in die Haaitenk aan wal te probeer sleep in hul Superrugby-kragmeting.

Die beweeglike flank Marnus Schoeman maak reg om die Highlanders se verdediging te toets in die afgelope naweek se Superrugby-stryd op Ellispark. Foto: Gallo Images

Whiteley het nie Maandag saam met die Leeus geoefen nie en hul hoofafrigter, Swys de Bruin, het bevestig dat hy nie die wedloop teen tyd sal kan wen met sy geswelde knie nie.

Soos in die nederlaag met 5-42 vroeër hierdie seisoen op Ellispark teen die Haaie, sal die Leeus dus weer sonder hul Springbok-agtsteman wees.

Met die lostrio van Kwagga Smith, Marnus Schoeman en Cyle Brink wat hulle goed van hul taak gekwyt het in die sege oor die Highlanders, met veral die blondekop-rubberbal Schoeman wat alomteenwoordig was, kan daar nie voorsien word dat die Leeus sommer aan daardie kombinasie sal torring nie.

Ray Mordt, die eertydse Springbok-vleuel, glo die Haaie sal die oorweldigende gunsteling wees.

“Hulle was uitstaande op hul onlangse oorsese toer en sou met groot selfvertroue teruggekom het huis toe,” sê hy.

Hulle was uitstaande op hul onlangse oorsese toer en sou met groot selfvertroue teruggekom het huis toe.
Ray Mordt

Tog het die Haaie hul laaste twee tuiswedstryde baie teleurstellend vertoon en het hulle by die huis verloor teen onderskeidelik die Jaguares en die Reds.

Weg van die huis af was hulle ’n ander dierasie en het hulle goeie rekenskap van hulself gegee, al het die nederlaag teen die Chiefs ’n demper geplaas op dit wat hulle in die voorafgaande twee wedstryde teen die Crusaders en die Waratahs vermag het.

“Ek is baie bly ek speel nie Superbru nie,” het Mordt gesê, “want die uitslae is so wisselvallig en jy kan omtrent niks met sekerheid wil voorspel nie”.

Volgens hom is daar baie bemoedigende tekens van die Suid-Afrikaanse spanne en is dit veral hul spelpeil in die buiteland en weg van die huis af wat optimisme kweek.

a
Rassie Erasmus

“Ek glo Rassie Erasmus (Springbok-afrigter) sal ’n baie stewige agttal kan kies en as hy reg kies, kan hy ’n span saamstel wat baie mededingend sal wees.

“Die Nieu-Seelandse spanne lyk beslis nie so sterk soos in die verlede nie, hoewel ek steeds glo die Crusaders gaan nie maklik gestuit word nie,” vertel hy.

Mordt reken ook indien die Bulle voortbou op hul sege van verlede week teen die Rebels, is dit nie onmoontlik dat hulle al hul wedstryde op hul oorsese toer kan wen nie.

Meer oor:  Marnus Schoeman  |  Warren Whiteley  |  Durban  |  Johannesburg  |  Haaie  |  Leeus  |  Superrugby  |  Kaptein  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.