Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Leeus moet wys hul het nie voete van klei

’n Herhaling van verlede jaar se eindstryd behoort een van die hoogtepunte in die naweek se Superrugby te wees, maar Leeus-ondersteuners is seker nie té gerus as hul span vanmiddag op Ellispark vir die Crusaders gasheer speel nie.

Hoewel albei spanne sover twee nederlae op die lyf geloop het, was dié van die Crusaders wegwedstryde teen die gedugte Hurricanes en die Highlanders.

En die Leeus se momentum lol in die stadium.

Alles het aanvanklik klopdisselboom verloop, maar die Johannesburgers het in hul laaste drie wedstryde begin kleitrap.

Daar was ’n sukkeloorwinning oor die beskeie Sunwolves, gevolg deur ’n nederlaag teen die bra bedremmelde Blues.

Die definisie van waansin is glo as jy dieselfde ding aanhou doen en elke keer ’n ander uitslag verwag. Hulle sê Einstein het so gesê of was dit Ben Franklin? Of ’n Chinese spreuk? Wel, Leeus-ondersteuners was sweerlik verlede naweek die nuutste wat dié gedagte gedink het.

Dit was dalk nie waansinnig nie, maar beslis ’n bietjie dwaas om die derde jaar agtereenvolgens Buenos Aires toe te reis en met die span te eksperimenteer. Baie min mense was verras deur die Leeus se derde agtereenvolgende pak slae in Argentinië.

Gevolglik moes daar wéér ’n rits veranderinge aan die Leeus-span gemaak word: Sewe dié week, met Warren Whiteley steeds nie reg om sy span aan te voer nie. Whiteley word kwaai gemis, veral met Jaco Kriel ook buite aksie, en die belowende jong Hacjivah Dayamani moet sy groot skoene vandag vir die eerste maal uit die staanspoor volstaan.

’n Warmer vuurdoop kon Dayamani beswaarlik gevra het.

Die Crusaders-agttal is oudergewoonte op sy kop en die hardwerkende flank Matt Todd maak boonop sy terugkeer ná ’n ribbesering.

Agterlangs is die besoekers ook welbedeeld. Die skitterende Richie Mo’unga is buite aksie, maar soos amper altyd in Nieu-Seeland deesdae, is daar ’n skitterende jongeling om sy skoene vol te staan – Mitchell Hunt is beslis g’n uilskuiken nie.

Die res van hul agterlyn wemel van All Blacks en All Black-aspirante en dis ’n uitstekende dag vir Harold Vorster om almal van sy deugde te oortuig.

Leeus: Andries Coetzee, Sylvian Mahuza, Lionel Mapoe, Harold Vorster, Madosh Tambwe; Elton Jantjies, Dillon Smit, Hacjivah Dayamani, Cyle Brink, Kwagga Smith, Franco Mostert, Andries Ferreira, Ruan Dreyer, Malcolm Marx, Dylan Smith. PLAASVERVANGERS: Corné Fourie, Jacques van Rooyen, Jacobie Adriaanse, Lourens Erasmus, Marvin Orie, Marnus Schoeman, Howard Mnisi, Shaun Reynolds.

Crusaders: David Havili, Seta Tamanivalu, Jack Goodhue, Ryan Crotty, George Bridge, Mitchell Hunt, Bryn Hall, Jordan Taufua, Matt Todd, Heiden Bedwell-Curtis, Sam Whitelock (k), Scott Barrett, Michael Alaalatoa, Codie Taylor, Tim Perry. PLAASVERVANGERS: Ben Funnell, Wyatt Crockett, Oliver Jager, Quinten Strange, Tom Sanders, Mitchell Drummond, Mike Delany, Manasa Mataele.

Afskop: 14:30 (SS1)

Meer oor:  Leeus  |  Crusaders  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.