Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Leeus se afrigter op pad terug na SA

Die Leeus sal hulle Superrugbytoer na Nieu-Seeland voltooi sonder hul breier, Swys de Bruin, terwyl ’n interne tugverhoor wag op die verdedigingsafrigter, Joey Mongalo.

Swys de Bruin is op pad huis toe, met Ivan van Rooyen (regs) wat sal waarneem. Foto: Getty Images

Rugby365 berig Rudolf Straeuli, uitvoerende hoof van die Leeus, het bevestig De Bruin is reeds op pad terug na Suid-Afrika.

“Hy keer huis toe om persoonlike redes,” sê Straeuli.

Ivan van Rooyen, die span se Curriebeker-breier in 2018, neem die leisels in De Bruin se afwesigheid.

Ná die Leeus se kragmeting Vrydagoggend teen die Chiefs reis hulle na Christchurch waar hulle volgende Vrydag hul toer afsluit met ’n wedstryd teen die Crusaders.

Joey Mongalo, verdedigingsafrigter van die Leeus. Foto: Gallo Images

* Straeuli het ook bevestig Mongalo (34) het teruggekeer na Suid-Afrika saam met De Bruin en die Springbok-vleuel Courtnall Skosan.

Skosan is huis toe om sy siek pa by te staan.

Mongalo, wat op 23 April 2018 deur ’n hotelwerker in Sydney aangekla is van onsedelike aanranding, is vandeesweek in die hof skuldig bevind.

Mongalo het Woensdag in die hof verskyn waar hy glo “gevonnis” is, maar besonderhede oor die vonnis is onduidelik.

Volgens Straeuli sal hy binnekort voor ’n interne tugverhoor van die Leeus verskyn en sê geen verdere kommentaar sal gelewer word totdat die kwessie afgehandel is nie.

– Sportredaksie

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Joey Mongalo  |  Swys De Bruin  |  Leeus  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.