Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Leeus se glorie sal kom, troos Ernie

Die Suid-Afrikaanse gholflegende Ernie Els, een van die Leeus se grootste en bekendste ondersteuners, glo hul groot oomblik om die Superrugby-kroon sal nog kom.

Ernie Els, een van die Leeus se getroue ondersteuners. Foto: Gallo Images

Vir die derde jaar op ’n ry was dit die Leeus wat droëbek moes staan en toekyk hoe hul teenstander in die eindstryd die trofee omhoog hou, toe die Crusaders hulle Saterdag in Christchurch met 37-18 geklop het.

Met hierdie sege het die Crusaders ’n merkwaardige “mondigwording” gevier deur hul 21ste uitspeelstryd in Christchurch te wen, sonder dat hulle een keer in sulke kragmetings aan die verloorkant was.

Els, ’n vurige ondersteuner van die Leeus, met dié span wat ook sy outisme-stigting ondersteun, het die eindstryd in Fidji dopgehou, waar hy aan ’n gholftoernooi deelneem.

Hy het die Crusaders in ’n twiet gelukgewens met hul oorwinning en ’n woord van bemoediging vir die Leeus gehad deur by te voeg dat hulle oomblik wel nog gaan aanbreek om die trofee omhoog te hou.

Sal dit wel so wees?

Die Leeus verloor nou verskeie staatmakers wat oorsee gaan speel en dié unie is boonop nog in ’n kontraktuele dispuut met een van sy groot staatmakers, die slot Franco Mostert.

Hy is veronderstel om saam met sy spanmaats Ruan Dreyer en Jaco Kriel op pad te wees na die Engelse klub, Gloucester, maar die Leeus skop vas oor sy kontrak en wil hom nie voortydig daarvan onthef nie.

Benewens dié drie is Jacques van Rooyen en Rohan Janse van Rensburg pad om oorsee te gaan speel.

Daar sal dus in verskeie posisies nuwe talent gevind moet word om die leemtes wat gelaat word te vul.

Die vraag kan tereg gevra word of dit nie die Leeus se laaste groot kans vir ’n ruk was om sukses in die Superreeks te ervaar nie.

Tog het die kaptein, Warren Whiteley, ná die eindstryd in Christchurch, die versekering gegee “dat ons voel ons kom al hoe nader daaraan”.

Meer oor:  Ernie Els  |  Gholf  |  Leeus  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.