Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Leeus se skrumskakel-spens propvol

Die Leeus het vandeesweek ’n loslootjie, maar vlieg Saterdag Australië toe vir hul oorsese toer van vier wedstryde.

Hulle speel eers teen die Waratahs in Sydney en dan teen die Rebels in Melbourne, voordat hulle Nieu-Seeland toe gaan om daar in Auckland teen die Blues en dan in Dunedin teen die Highlanders kragte te meet.

André Warner (nr. 9) en Morné van den Berg (links) is twee van die Leeu-skrumskakels wat vir hul oorsese toer oorweeg kan word. Foto: Gallo Images

Ivan van Rooyen, die Leeus se afrigter, sê hy gee sy spelers vandeesweek twee dae af, voordat daar weer Woensdag en Donderdag hard geswoeg gaan word voor hul vertrek.

“Ons het die luuksheid van tyd aan ons kant,” sê Van Rooyen.

“Ons kom al Sondag in Sydney aan voor die volgende week se wedstryd en sal genoeg tyd hê om te akklimatiseer.”

Twee jaar gelede het die Leeus slegs enkele dae voordat hulle teen die Waratahs gespeel het in Sydney aangekom, maar dit het uiteindelik in hul guns getel. Hulle het die tuisspan met 29-0 oorrompel.

Die Leeus kondig hul groep Donderdag aan.

Die skrumskakel, André Warner, wat in die openingswedstryd teen die Jaguares beseer is, het genoegsaam herstel om oorweeg te word.

Ons kom al Sondag in Sydney aan voor die volgende week se wedstryd en sal genoeg tyd hê om te akklimatiseer.
Ivan van Rooyen

Ross Cronjé, die Leeus se Springbok-skrumskakel, is ook weer fiks en kan oorweeg word. Saam met Morné van den Berg en Dillon Smit, wat die twee skrumskakels in die groep teen die Stormers was, is daar dus vier nr. 9’s om uit te kies.

Jamba Ulenga (vleuel) en Tiaan Swanepoel (heelagter) het ook van beserings herstel en kan oorweeg word, terwyl Willem Alberts goed deur sy eerste verskyning van die seisoen teen die Stormers gekom het en gewys het hy is slaggereed vir die toer.

Die nuus oor Jaco Kriel is dat hy oor net meer as ’n maand sal kan speel en dus eers in die prentjie sal kom wanneer die Leeus van hul oorsese toer terugkeer.

Die Leeus, wat tot dusver net een van hul drie wedstryde gewen het, sal daarna mik om ten minste die helfte van hul vier wedstryde in Australasië suksesvol af te sluit.

Twee van die kragmetings wat hulle nou reeds verloor het, teen die Jaguares in Buenos Aires en die Stormers op Ellispark, is wedstryde wat hulle verlede jaar gewen het.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Johannesburg  |  Leeus  |  Superrugby-Reeks  |  Ivan Van Rooyen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.