Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Leeus sonder maanhaar Marx teen Haaie

Die Leeus is Saterdag sonder Malcolm Marx vir hul Superrugby-wedstryd teen die Haaie in Durban.

Jan-Henning Campher speel Saterdag in Malcolm Marx se plek haker vir die Leeus. Foto: Gallo Images

Kwagga Smith, agtsteman, neem die kapteinskap oor.

Marx word ’n ruskans gegun ingevolge die Superrugby-franchises se ooreenkoms met die Suid-Afrikaanse Rugbyunie om top-Springbokke se werkslading te beperk voor vanjaar se Wêreldbeker-toernooi in Japan.

Marx se blaaskans bied aan die gewese Blou Bul Jan-Henning Campher die kans om sy eerste verskyning in die beginspan te maak.

Johannes Jonker begin ook as vaskopstut in die plek van Carlu Sadie.

In die enigste verandering aan die agterlyn speel Nic Groom skrumskakel in die plek van Ross Cronjé, wat ’n klein operasie ondergaan het en nie vandeesweek beskikbaar is nie.

In ’n verrassende skuif is daar geen spesialis-skrumskakel op die plaasvervangerbank nie. Indien Groom die veld moet verlaat, sal Andries Coetzee (heelagter) die oond skoonmaak.

* Leeus: Andries Coetzee, Courtnall Skosan, Lionel Mapoe, Harold Vorster, Aphiwe Dyantyi, Elton Jantjies, Nic Groom, Kwagga Smith (k), Cyle Brink, Marnus Schoeman, Marvin Orie, Stephan Lewies, Johannes Jonker, Jan-Henning Campher, Dylan Smith. PLAASVERVANGERS: Pieter Jansen, Sti Sithole, Carlu Sadie, Reinhard Nothnagel, Vincent Tshituka, Hacjivah Dayimani, Shaun Reynolds, Tyrone Green.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Leeus  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.