Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Leeus verander net 1 vir stryd teen Stormers

Ivan van Rooyen, die Leeus-afrigter, sê hy sien uit daarna om die Stormers se verdedigingspatroon deeglik op die proef te stel in Saterdag se Superwedstryd op Ellispark in Johannesburg.

Andries Coetzee speel heelagter vir die Leeus. Foto: Getty Images

Die Kapenaars kom in die Goudstad aan as die enigste span wat ná twee wedstryde nog nie ’n enkele punt afgestaan het nie en hulle sal daardie rekord soos ’n kleinood wil beskerm.

“Dit gaan vir ons belangrik wees om te hou by ons stelsels en dit effektief toe te pas.”

Die Leeus het hul kontinuïteit behou na die sege met 27-20 oor die Reds en net een verandering aan die beginspan gemaak.

Duncan Matthews word as buitesenter uitgelaat, met Manuel Rass wat in sy plek speel.

Omdat die Leeus weer ’n kwaai aanslag voorlangs van die Stormers vervang, is die plaasvervangerbank gelaai met ses voorspelers, met net twee agterspelers op die bank.

’n Interessante insluiting op die plaasvervangerbank is die eertydse Springbok-losvoorspeler Willem Alberts.

Nadat daar vroeg in die week aangekondig is dat hy nie beskikbaar is vir hierdie kragmeting nie, is hy tog in die groep gekies.

Volgens Van Rooyen het Alberts in Dinsdag se oefening gewys sy beseerde boarm het herstel en die afrigter voel sy kalm ingesteldheid, ervaring en sy fisiekheid sal van groot waarde wees.

Alberts sal as flank ingespan word en die breier is oortuig sy fiksheid is sodanig dat hy ten minste ’n halfuur lank baie waardevol kan wees.

Dit is die Leeus teen die Stormers en nie Elton teen Damian nie. Dit gaan oor hoe dinge in spanverband gedoen word en nie op individuele vlak nie.
Ivan van Rooyen

Wandisile Simelane is ook die eerste keer hierdie Super-reeks in die groep en is saam met die skrumskakel, Dillon Smit, die agterspelers op die plaasvervangerbank.

Van Rooyen glo ook die Leeus sal veel beter skrum as wat die geval teen die Reds was en hy sien uit na dié konfrontasie met die Stormers.

Die kaptein, Elton Jantjies, is ook vol hoop die Leeus sal punte teen die Kapenaars aanteken.

Hy wou hom ook nie uitlaat oor die potensiële tweestryd met die besoekers se Springbok Damian Willemse op losskakel nie.

“Dit is die Leeus teen die Stormers en nie Elton teen Damiean nie. Dit gaan oor hoe dinge in spanverband gedoen word en nie op individuele vlak nie,” het hy gesê.

Leeus: Andries Coetzee, Tyrone Green, Manuel Rass, Dan Kriel, Courtnall Skosan, Elton Jantjies (k), Morné van den Berg, Len Massyn, Vincent Tshituka, Marnus Schoeman, Ruben Schoeman, Marvin Orie, Jannie du Plessis, Pieter Jansen, Dylan Smith. PLAASVERVANGERS: Jan-Henning Campher, Sti Sithole, Carlu Sadie, Wilhelm van der Sluys, Willem Alberts, Hacjivah Dayimani, Dillon Smit, Wandisile Simelane.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Ivan Van Rooyen  |  Stormers  |  Leeus  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.