Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Malcolm as kaptein aangewys

Malcolm Marx is as die Leeus se kaptein aangewys vir hul Superrugby-kragmeting met die Bulle Saterdag in Johannesburg.

Malcolm Marx tydens die Leeus se wedstryd teen die Stormers die naweek in Kaapstad. Marx is met die Leeus se kapteinskap toevertrou vir hul stryd teen die Bulle in Johannesburg. Foto: Gallo Images

Marx neem ietwat verrassend die leisels by die beseerde Warren Whiteley oor. Daar is wyd en syd verwag dat die onderkaptein, die losskakel Elton Jantjies, in Whiteley se plek as leier van die Leeus se trop sou waarneem.

Volgens Swys de Bruin, die Leeus se breier, was dit ’n baie maklike besluit om Marx met die kapteinskap toe te vertrou.

“Hy praat nie baie nie, maar rondom sy spanmaats is dit anders. Hy is ’n natuurlike leier.”

Hacjivah Dayimani is op agtsteman in Whiteley se plek gekies.

In die ander twee veranderinge aan die beginspan wat met 17-19 teen die Stormers verloor het, vervang Aphiwe Dyantyi vir Courtnall Skosan op linkervleuel en Rhyno Herbst begin op slot in Marvin Orie se plek.

Orie het ’n ligte liesbesering, terwyl Dyantyi se insluiting deel van die rotasiebeleid is.

Die Springbok-skrumskakel Ross Cronjé is ook terug ná ’n besering en is op die plaasvervangersbank ingesluit.

* Leeus-span: Andries Coetzee, Ruan Combrinck, Lionel Mapoe, Harold Vorster, Aphiwe Dyantyi, Elton Jantjies, Nic Groom, Hacjivah Dayimani, Marnus Schoeman, Kwagga Smith, Stephan Lewies, Rhyno Herbst, Carlu Sadie, Malcolm Marx (k), Dylan Smith. PLAASVERVANGERS: Pieter Jansen, Sti Sithole, Frans van Wyk, Robert Kruger, Vincent Tshituka, Ross Cronjé, Franco Naudé, Courtnall Skosan.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Leeus  |  Superrguby  |  Malcolm Marx
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.