Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Mank Stormers ‘goed genoeg’, sê Chris

Beserings sal nie ’n verskoning as die Stormers Saterdag se Superrugby-wedstryd teen die Haaie op Nuweland verloor nie.

Die Stormers-hemelbesem Chris van Zyl neem beheer by ’n lynstaan in verlede Saterdag se Superrugby-wedstryd teen die Sunwolves op Nuweland.Foto: Gallo Images

Dís die mening van die onbesonge slot Chris van Zyl, wat weens die Kapenaars se lang krukkelys nou ’n sleutelspeler vir die Stormers is.

Van Zyl staan gewoonlik agter Eben Etzebeth, Pieter-Steph du Toit en JD Schickerling in die tou om as slot op te draf, maar vir die soveelste keer die afgelope paar seisoene steun die Stormers sterk op die Westelike Provinsie se Curriebeker-kaptein.

“Daar is by my geen twyfel nie dat ons goed genoeg is om te wen. Ons sal natuurlik die beseerde ouens mis, maar het talentvolle spelers wat instaan,” sê hy.

Herschel Jantjies, wat vanjaar vir die Stormers op skrumskakel skitter, se naam is Maandag by ’n krukkelys gevoeg wat vir Etzebeth, Du Toit, Schickerling en Siya Kolisi insluit.

Jantjies is vanjaar die Stormers se beste aanvallende speler, maar Van Zyl meen die man wat hom waarskynlik gaan vervang – die veteraanskrumskakel Jano Vermaak – se ervaring kan van “onskatbare waarde” wees.

Baie sal natuurlik afhang van die grondslag wat die voorspelers die voormalige Bok kan bied.

Hul swak skrumwerk teen die Leeus het oorgespoel na die eerste helfte van die afgelope naweek se oorwinning oor die Sunwolves, maar die Stormers het mettertyd hul stemme dik gemaak. Die samespel wat die gelapte pak nou op bou, behoort teen ’n sterk Haaie-agttal te help.

As reël is daar natuurlik aansienlik meer lynstane as skrums en selfs in die afwesigheid van topspelers gan dit in die fasette goed – van hul 16 ingooie teen die Sunwolves het die Stormers net een verloor.

Die Haaie behoort nietemin ’n taaier uitdaging in sowel die skrums as die lynstane te bied.

“Teen hulle weet jy dat jy jou teen sterk vaste fasette gaan vasloop. Die Haaie het ook spelers wat die bal baie goed hanteer en is bedrewe met hul drukaangeë, wat ons verdediging sal toets,” sê Van Zyl.

Die Stormers het vroeg in die week al teen die skrummasjien gespook.

“Ons is dalk nie teen die Sunwolves vir ons skrumwerk beloon nie en ek dink ons het eintlik goed gevaar daar. Die skrums gaan dié naweek baie belangrik wees. Dis iets wat ons teiken en waarop ons fokus. Om daardie rede het ons die week hard daaraan gewerk,” sê Van Zyl.

Meer oor:  Stormers  |  Superrugby-Reeks  |  Chris Van Zyl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.