Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Marx gee Leeus woema, Jantjies ‘gestraf’

Malcolm Marx keer terug as haker en kaptein van die Leeus vir Saterdag se Superrugby-wedstryd teen die Stormers op Ellispark in Johannesburg.

Malcolm Marx is reg om weer vir die Leeus te bloei.Foto: Gallo Images

Dit is een van ses veranderinge aan die span wat teen die Haaie verloor het.

Marx vervang vir Jan-Henning Campher, terwyl daar ook ’n nuwe skakelpaar – Shaun Reynolds en Ross Cronjé – is. Reynolds vervang vir Elton Jantjies, wat weens ’n oortreding van die spanprotokol uitgelaat is. Hy het glo ’n spanreël verbreek en is derhalwe nie dié week oorweeg nie.

Cronjé is weer reg nadat hy verlede week ’n klein operasie van ’n persoonlike aard ondergaan het. Hy neem oor by Nic Groom.

Die voormalige Kapenaar Carlu Sadie is die vaskopstut in die plek van Johannes Jonker, terwyl Vincent Tshituka as flank ingesluit is.

Cyle Brink skuif van steelkantflank na oopkantflank.

Leeus: Andries Coetzee, Courtnall Skosan, Lionel Mapoe, Harold Vorster, Aphiwe Dyantyi, Shaun Reynolds, Ross Cronjé, Kwagga Smith, Vincent Tshitsuka, Cyle Brink, Marvin Orie, Stephan Lewies, Carlu Sadie, Malcolm Marx (k), Dylan Smith. PLAASVERVANGERS: Jan-Henning Campher, Sti Sithole, Johannes Jonker, Reinhard Nothnagel, Marnus Schoeman, Hacjivah Dayimani, Nic Groom, Tyrone Green.

Meer oor:  Elton Jantjies  |  Malcolm Marx  |  Superrugby-Reeks  |  Stormers  |  Leeus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.