Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Marx lei Leeus in Whiteley se plek

Die Leeus is Saterdag weer sonder hul agtsteman en kaptein, Warren Whiteley, vir die Superrugby-wedstryd teen die Highlanders op Ellispark.

Die haker Malcolm Marx draf Saterdag voor vir die Leeus op Ellispark. Foto: Gallo Images
Cyle Brink se terugkeer op flank is die soet saam met die suur van Warren Whiteley se afwesigheid.Foto: Gallo Images

Hy het steeds las van swelling op sy knie en dit het nie betyds herstel sodat hy sal kan speel nie.

Die Springbok-haker Malcolm Marx neem die kapteinskap by Whiteley oor.

Kwagga Smith skuif van flank na agtsteman, met Cyle Brink wat sy terugkeer maak ná ’n kniebesering.

Marnus Schoeman is die ander flank in ’n splinternuwe lostrio. Hy vervang vir Vincent Tshitsuka, wat op die plaasvervangerbank is.

In die ander verandering aan die beginspan, neem Dylan Smith die plek van Sti Sithole as loskopstut.

Leeus: Andries Coetzee, Courtnall Skosan, Lionel Mapoe, Harold Vorster, Aphiwe Dyantyi, Elton Jantjies, Ross Cronje, Kwagga Smith, Cyle Brink, Marnus Schoeman, Marvin Orie, Stephan Lewies, Carlu Sadie, Malcolm Marx (k), Dylan Smith. PLAASVERVANGERS: Jan-Henning Campher, Sti Sithole, Johannes Jonker, Vincent Tshituka, Hacjivah Dayimani, Nic Groom, Shaun Reynolds, Tyrone Green.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Leeus  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.