Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
McKenzie oplaas reg vir Superrugby
Damian McKenzie in aksie in ’n voorseisoense wedstryd tussen die Chiefs en die Blues verlede maand.Foto: Getty Images

Die All Black Damian McKenzie maak Saterdag sy langverwagte terugkeer tot Superrugby in die Nieu-Seelandse derby tussen die Chiefs en Crusaders.

Hy het genoegsaam van ’n liesbesering herstel wat hom uit verlede week se eerste wedstryd van die seisoen teen die Blues gehou het. Hy was in die opdrafspan, maar het hom op die nippertjie aan die Chiefs se span onttrek.

Die Chiefs het dié stryd met 37-29 gewen.

Hoewel hy in die voorseisoen ’n paar minute gespeel het, sal dit Saterdag sy amptelike terugkeer wees nadat hy in April verlede jaar ’n ernstige kniebesering opgedoen het.

Agterlangs sal die skrumskakel Te Toiroa Tahuriorangi saam met die deurwinterde losskakel Aaron Cruden kombineer. Cruden, wat onlangs uit Frankryk na Nieu-Seeland teruggekeer het, was ’n plaasvervanger teen die Blues.

Ons het verlede week die verlangde uitslag behaal, maar daar was baie lesse wat die groep geleer het.
Warren Gatland

Die Chiefs se hoofafrigter, Warren Gatland, sê hy sien uit na die uitdaging teen die verdedigende kampioen.

“Ons het verlede week die verlangde uitslag behaal, maar daar was baie lesse wat die groep geleer het,” het hy gesê.

“Hierdie week moet ons daardie lesse uitvoer en seker maak ons is geduldig met die bal in die hand en maak ’n oorlas van onsself op die verdediging.

“Die Crusaders het ’n gedugte pak en dis ’n groot uitdaging vir ons,” sê Gatland.

Die Crusaders het hul eerste wedstryd teen die Waratahs oortuigend met 43-25 gewen. – TeamTalk

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Warren Gatland  |  Damian Mckenzie  |  Nieu-Seeland  |  Crusasers  |  Chiefs  |  Rugby  |  Superrugby  |  Heelagter  |  All Black
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.