SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
SuperRugby
Meer SA toeskouers kyk vanjaar Superrugby

Die bywoning van Superrugby-wedstryde in Suid-Afrika het vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar, met 3% toegeneem.

Die toeskouergetalle in stadions in Suid-Afrika het effens toegeneem. Meer as 18 000 mense het die wedstryd tussen die Bulle en die Cheetahs in Bloemfontein bygewoon. Foto: Getty Images

Dit is volgens Sanzaar, die beheerliggaam vir rugby in die Suidelike Halfrond, se amptelike syfers.

Volgens die syfers het 203 444 ondersteuners die 12 wedstryde wat al vanjaar in Suid-Afrika aangebied is, bygewoon.

Dit beteken die gemiddelde getal ondersteuners by ’n wedstryd in Suid-Afrika was 16 954. Dit, teenoor 2016 se gemiddelde van 16 473, verteenwoordig ’n toename van 3%.

Ondanks die toename, is die unies tot dusver nie tevrede met die toeskouersgetalle wat deur die hekke is nie.

Chumani Bambani, woordvoerder van die OP-Kings, sê in ’n ideale wêreld sal die spanne elke naweek in ’n stampvol stadion speel.

“Ons verstaan egter dat dalende toeskouergetalle nie net tot die Kings beperk is nie. Ander franchises ervaar dieselfde."

Die Kings het goeie rede om ’n beroep op hul ondersteuners te doen, aangesien hulle in twee wedstryde slegs 12 194 mense deur die hekke verwelkom het – 2 226 mense het die Kings se wedstryd teen die Jaguares dopgehou, terwyl 9 968 die stryd teen die Stormers gekyk het.”

Die Stormers is tot dusver vanjaar die voorste rugbyunie in Suid-Afrika wat toeskouergetalle betref, met 52 883 mense wat al na Nuweland opgeruk het. In die noord-suid-derby met die Bulle was daar 34 152 toeskouers en 18 731 het op Nuweland gesien hoe die Jaguares met 25-32 slae kry.

Die Haaie se ondersteuners het ook grootliks hul kant gebring, met 41 832 mense wat Kingspark al besoek het. 22 569 het die stryd teen die Waratahs gekyk en 19 263 was daar toe Southern Kings geklop is.

Die Cheetahs het al 49 295 mense vir hul twee tuiswedstryde in die reeks verwelkom - 15 250 tydens die Sunwolves-wedstryd en 18 525 toe die Bulle in Bloem was.

Die Leeus het al 41 390 kaartjies verkoop - 18 890 vir die Waratahs en 22 500 vir die Reds.

Al vergelyk die Leeus se toeskouergetalle gunstig met dié van die res van die unies in die land, is die bestuur nog nie tevrede nie.

“Ons voel dit kan nog beter en ons werk baie hard om die getalle te verhoog. Ons het ’n veldtog om toeskouers na die stadion te lok, wat regtig help,” het Annemie Bester, woordvoerder van die Leeus, gesê.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Kaapstad  |  Pretoria  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.