Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Miljardêr gee Force groen lig vir Aussie-reeks

Die Western Force sal volgens sy eienaar, die miljardêr Andrew Forrest, in Julie saam met Australië se vier Superrugby-spanne aan ’n plaaslike reeks deelneem.

Die Western Force gaan eersdaags weer teen Superrugby-spanne kan kragte meet. Foto: Getty Images

Forrest sê hy het ’n aanbod van Rugby Australië (RA) aanvaar om deel van dié toernooi te wees, wat as plaasvervanger vir die opgeskorte Superrugby-reeks dien. Hy het egter beklemtoon dat die ooreenkoms net vir 2020 sal wees.

RA het die Force ná die 2017-seisoen uit Superrugby geskop toe dié reeks van 18 na 15 spanne verminder is.

“Ek soek wat die beste is vir rugby in Perth en in Australië om te verseker dat die spel floreer,” sê Forrest in ’n verklaring.

“My sieninge oor die wanbestuur van die spel onder die vorige administrasie van Rugby Australië is welbekend en bly dieselfde.”

Vanjaar se Super-reeks is in Maart gestaak toe spanne weens die Covid-19-pandemie nie meer kon reis nie.

RA sê daar word steeds met die Sunwolves, wat Tokio as basis gebruik, gesels oor dié span se moontlike deelname aan die toernooi. Daar is egter baie logistieke probleme, waaronder internasionale reisbeperkings, wat ’n stokkie voor daardie plan kan steek.

Die Australiese toernooi sal in Julie afskop en teen 19 September eindig, as alles volgens plan verloop. – Reuters

Meer oor:  Andrew Forrest  |  Koronavirus  |  Western Force  |  Rugby Australië  |  Superrugby  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.