Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Mitch het Bulle se volle steun, sê direksie

John Mitchell het die Bulle se volle ondersteuning.

Die Blou Bulle Maatskappy (BBM) het onomwonde dié versekering gegee en benadruk Mitchell is nie in onguns by Loftus Versfeld ná die Bulle se teleurstellende Superrugby-veldtog nie.

John Mitchell, die Bulle se hoof van rugby, is nie in onguns by Loftus Versfeld nie. Foto: Gallo Images

Dit volg in reaksie op ’n berig in Rapport waarin beweer word dat lede van die Bulle se direksie Mitchell, die span se hoofafrigter in die reeks, onlangs gepeper het met vrae oor die span se swak vertonings.

Die Bulle kon net ses uit 16 Superrugby-wedstryde wen en het onderaan die puntelys in die Suid-Afrikaanse afdeling geëindig.

Mitchell het onlangs op ’n indaba in Johannesburg terugvoer aan die Bulle-direksie gegee oor sy span se onindrukwekkende veldtog.

Hy het ook sy strategie wat hy in die vooruitsig stel, aan die direksielede en bestuur voorgelê.

Volgens die berig is die direksie in “twee verdeel” en was daar diegene wat nie beïndruk was met Mitchell se voorlegging nie.

Die BBM ontken die gerugte ten sterkste en sê die voormalige All Black-afrigter het die direksie en aandeelhouers se volle ondersteuning.

Daar is voorts aangevoer dat Mitchell ’n spelersbegroting van R90 miljoen soek met die oog op 2019 se Superrugby-reeks.

Hoewel die BBM nie in ’n mediaverklaring hierna verwys nie, word daar vertroulik verneem die bedrag is die maatskappy se volle begroting en nie die spelersbegroting nie.

Mitchell, die Bulle se rugbyhoof, het vroeër aangedui hy sal sy kontrak verleng op voorwaarde dat daar aan ’n wenslys voldoen word.

’n Groter spelersbegroting was glo een van sy voorwaardes.

Dit nadat die besluitnemers by Loftus in April in ’n mosie van vertroue besluit het dat Mitchell se kontrak tot 2021 verleng moet word.

Hy het sedertdien nie pen op papier gesit om sy kontrak te verleng nie.

Mitchell sal, met Pote Human wat aangestel is as hoofafrigter vir die komende Curriebeker-reeks, by die Bulle se juniors betrokke wees en sy planne agtermekaar kry vir aanstaande jaar se Superrugby-aanslag.

Daar is glo in direksiegeledere gevra waarom Mitchell nie, soos verlede seisoen, die span in die Curriebeker-reeks afrig nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.