Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Morné dra ná 6 seisoene weer die Bul-trui

Morné Steyn het op 27 Julie 2013 laas vir die Bulle Superrugby gespeel.

Daar sal van Morné Steyn verwag word om Vrydagaand in Durban te dikteer teen die Haaie. Foto: Gallo Images

Wanneer hy Vrydagaand in Durban, ná ’n afwesigheid van ses seisoene, weer ’n Bulle-trui aantrek, sal die 35-jarige losskakel dieselfde opdrag hê as destyds: neem beheer, kry die span op die voorvoet en hou die telbord aan die gang.

Pote Human, hoofafrigter van die Bulle, het Steyn en Ivan van Zyl as sy skakelpaar gekies vir die span se openingstryd in dié kompetisie teen die Haaie.

Die duo is ’n logiese keuse in die Durbanse humiditeit dié tyd van die jaar.

“Albei is ervare en kan goed skop. Ons het ook besluit om met ses voorspelers op die bank te begin. Ek dink daar sal baie skrums en lynstane wees,” het Human gesê.

Daar is diegene wat van mening is dat Steyn terug is by Loftus Versfeld om te kom pensioen trek, maar Human is oortuig dat die oud-Springbok ’n knap plaasvervanger vir Handré Pollard sal wees.

“Hy het so baie ervaring. Morné is fiks en is beslis nie hier met vakansie nie.”

Die Bulle se twee ander oorsese kopies, Juandré Kruger en Josh Strauss, is ook in die beginspan.

Met Marco van Staden (harsingskudding) nie beskikbaar nie, maak die oud-Puma en -Puk Jeandré Rudolph sy Superrugby-buiging vir die Bulle.

Abongile Nonkontwana is die ander lid van die Bulle-lostrio.

Human sê Rudolph het sy kans aangegryp toe die Bulle onlangs teen die Leeus gespeel het.

“Ek het hom die eerste keer gesien toe hy vir die Pukke in die Varsitybeker-reeks gespeel het. Hy was verlede jaar uitstekend vir die Pumas (in die Curriebeker-kompetisie) en hy is ’n goeie leier.

“Jeandré is ’n opwindende vooruitsig en ek glo hy sal tuis wees op die vlak.”

Die Springbok Trevor Nyakane, wat van ’n kuitbesering herstel het, is een van die plaasvervangers.

Die voormalige Haai Wiehahn Herbst begin in sy afwesigheid aan die vaskopkant.

Lizo Gqoboka was weens ’n kniebesering in ’n stryd teen tyd om betyds te herstel, maar is slaggereed.

Human het helaas besluit om nie met Cornal Hendricks op buitesenter te waag nie. Johnny Kotze sal die kaptein, Burger Odendaal, se sentermaat wees.

“Ons het ’n proefneming met Cornal op 13 gedoen, maar hy en Johnny is albei meer gemaklik op onderskeidelik vleuel en senter.

Bulle: Warrick Gelant, Cornal Hendricks, Johnny Kotze, Burger Odendaal (k), Rosko Specman, Morné Steyn, Ivan van Zyl, Josh Strauss, Abongile Nonkontwana, Jeandré Rudolph, Juandré Kruger, Andries Ferreira, Wiehahn Herbst, Jaco Visagie, Lizo Gqoboka. PLAASVERVANGERS: Johan Grobbelaar, Simphiwe Matanzima, Trevor Nyakane, Ruan Nortjé, Ryno Pieterse, Wian Vosloo, Embrose Papier, Manie Libbok.


Meer oor:  Morné Steyn  |  Pote Human  |  Haaie  |  Bulle  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.