Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Mostert-moetie, Kwagga-krag kan Leeus help

Speel sorgvrye rugby.

Dit is die beste stukkie raad wat Swys de Bruin, die afrigter van die Leeus se rugbyspan, aan sy spelers kan gee net voordat hulle uitdraf vir Saterdagoggend (Suid-Afrikaanse tyd) se Super-eindstryd in Christchurch teen die Crusaders.

Ná meer as ses maande se bloed, sweet en trane kan slegs twee spanne nog hul hande op die Supertrofee kry. Gaan Sam Whitelock (links) of Warren Whiteley vonkelwyn daaruit drink Saterdag? Foto: Getty Images

Die skaal weeg so swaar ten gunste van die kampioen en tuisspan, dat al die druk op hulle is en die Leeus hulle kan verbeel dit is sommer net nog ’n wedstryd.

Nie dat dit is nie, want dit is immers die glanskragmeting van die jaar met die trofee op die spel.

Seker een van die belaglikste uitsprake wat alte dikwels in sport gemaak word, is dat een span niks het om te verloor nie. Natuurlik het jy iets om te verloor. Benewens die wedstryd is daar ook die titel en alles wat daarmee saamgaan om te verloor. Deurdat die Leeus so min kans gegun word om te wen, draf hulle egter nie op die veld met die emosionele bagasie van hoë verwagtinge nie.

Dit is ’n groot pluspunt vir hulle. Hulle kan dus sorgvrye rugby speel en vrye teuels gee aan die kombinasie van besielende kragrugby deur die agttal en die avontuurlustigheid van hul driekwarte.

“Wat ook al in die eindstryd gebeur, sien ons bloot net as ’n bonus,” sê De Bruin.

Met geen las op hul skouers nie, gaan dit van die Leeus ’n gevaarlike span kan maak.

Die Crusaders is nou wel die oorweldigende gunstelinge, maar hul probleem kan wees dat almal dit vir hulle vertel en daai ou duiwel van oorgerustheid vastrapplek in hul kamp kan kry.

Slaag die Leeus daarin om voor die oorhand te kry en hulle ná ’n uur se spel nog sterk in die prentjie is, kan die Crusaders skielik anders oor sake begin dink.

Die Marx-faktor, die Kwagga-krag en die Mostert-moetie sal die vonk voor vir die Leeus moet aansteek. Voeg daarby die inspirerende leierskap van Warren Whiteley en wat gesien word as “Sending Onmoontlik” kan dalk net ’n ander dimensie kry.

Al is die Crusaders se agttal gelaai met All Blacks, met die slot Sam Whitelock en agtsteman Kieran Read wat uitstaan, het die Leeus die een pak wat hulle kan vasvat. Word hulle in die vaste fasette gekarnuffel en Malcolm Marx oorheers by die afbreekpunte, met die dartelkwartel Kwagga Smith wat gapings in die verdediging vind met sy kraglopies, kan De Bruin se woorde waar word dat “die kampioenspan ook maar net vlees en bloed is en wel ontsenu kan word”.

Spanne

Crusaders: David Havili, Seta Tamanivalu, Jack Goodhue, Ryan Crotty, George Bridge, Richie Mo’unga, Bryn Hall, Kieran Read, Matt Todd, Heiden Bedwell-Curtis, Sam Whitelock (k), Scott Barrett, Owen Franks, Codie Taylor en Joe Moody. PLAASVERVANGERS: Sam Anderson-Heather, Tim Perry, Michael Alaalatoa, Luke Romano, Pete Samu, Mitchell Drummond, Mitchell Hunt en Braydon Ennor.

Leeus: Andries Coetzee, Ruan Combrinck, Lionel Mapoe, Harold Vorster, Courtnall Skosan, Elton Jantjies, Ross Cronjé, Warren Whiteley (k), Cyle Brink, Kwagga Smith, Franco Mostert, Marvin Orie, Ruan Dreyer, Malcolm Marx en Jacques van Rooyen. PLAASVERVANGERS: Corné Fourie, Dylan Smith, Johannes Jonker, Lourens Erasmus, Marnus Schoeman, Dillon Smit, Aphiwe Dyantyi en Howard Mnisi.

  • Skeidsregter: Angus Gardner (Australië).
  • Assistentskeidsregters: Glen Jackson (Nieu-Seeland) en Nic Berry (Australië).
  • TV-skeidsregter: Shane McDermott (Nieu-Seeland).
  • Afskop: 09:35 (SA tyd, regstreeks op SS 1 en M-Net).

Meer oor:  Swys De Bruin  |  Christchurch  |  Leeus  |  Superrugby-Eindstryd  |  Crusaders  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.