Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Nege veranderinge aan Haaie-span

Die Namibiese binnesenter Johan Deysel kry Saterdag in Singapoer ’n kans om te wys wat hy op Superrugby-vlak kan vermag.

Die senter Johan Deysel, wat Saterdag vir die eerste keer in die beginspan sal wees wanneer die Haaie teen die Sunwolves in Singapoer speel. Foto: Gallo Images

Deysel is as die Haaie se binnesenter vir die span se Superrugby-stryd teen die Sunwolves gekies. Hoewel hy reeds sy Superrugby-buiging gemaak het, is hy Saterdag vir die eerste keer in die beginspan.

Die Haaie se afrigter, Robert du Preez, het nege veranderinge, waarvan een ’n posisionele skuif, aan sy beginspan wat met 32-35 teen die Southern Kings verloor het, aangebring.

Veral in die agterlyn het beserings Du Preez genoop om skuiwe te maak.

Die vleuel Lwazi Mvovo sal op heelagter begin in die beseerde Rhyno Smith (arm) se plek.

Sbu Nkosi sal in Mvovo se plek op linkervleuel begin.

Garth April begin op losskakel in Pat Lambie, wat harsingskudding het, se plek.

Deysel staan in vir Jeremy Ward, wat sy neus teen die Kings gebreek het.

Cobus Reinach is terug in die beginspan. Hy vervang vir Michael Claassens, wat ’n dyspierbesering in Singapoer opgedoen het. Die jong Rowan Gouws moes inderhaas oorgevlieg word. Hy bevind hom op die plaasvervangersbank.

Voorlangs het Du Preez vier veranderinge aan sy vaste vyf aangebring. ’n Hele nuwe voorry sal teen die Sunwolves sak.

Op loskopstut vervang Thomas du Toit vir Beast Mtawarira en op haker begin Chiliboy Ralepelle met Franco Marais wat plaasvervangersbank toe skuif. Lourens Adriaanse neem die nr. 3-trui by Coenie Oosthuizen oor.

Stephan Lewies begin op slot in Etienne Oosthuizen se plek.

Haaie: Lwazi Mvovo, Kobus van Wyk, Lukhanyo Am, Johan Deysel, Sbu Nkosi, Garth April, Cobus Reinach, Daniel du Preez, Jean-Luc du Preez, Philip van der Walt (k), Stephan Lewies, Ruan Botha, Lourens Adriaanse, Chiliboy Ralepelle, Thomas du Toit. PLAASVERVANGERS: Franco Marais, Beast Mtawarira, John-Hubert Meyer, Etienne Oosthuizen, Tera Mtembu, Rowan Gouws, Benhard Janse van Rensburg, S’bura Sithole.

Superrugby-bepalings

Superrugby-uitslae

Superrugby-puntelyste

Meer oor:  Haaie  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.