Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Neutrale blasers vir kwarteindronde

Jaco Peyper is die enigste Suid-Afrikaanse skeidsregter betrokke in die naweek se Superrugby-kwarteindronde en behartig die eerste wedstryd tussen die Crusaders en Highlanders in Christchurch (Vrydag 09:35 SA tyd).

Jaco Peyper van Suid-Afrika is Vrydag in Christchurch aan diens. Foto: Getty Images

Peyper se assistentskeidsregters is die Nieu-Seelanders Paul Williams en Brendon Pickerill, met Ben Skeen wat die televisiehokkie sal beman.

Die Kiwi Glen Jackson dra die fluitjie in die Jaguares se kragmeting teen die Chiefs in Buenos Aires (Saterdag 00:05 SA tyd).

Jackson word bygestaan deur sy landgenoot Nick Briant en die Argentyne Federico Anselmi en Santiago Borsani.

Later die dag is Nic Berry aan die stuur vir die Hurricanes se ontmoeting met die Bulls in Wellington (09:35 SA tyd).

Die Kiwi-trio Ben O’Keeffe, Pickerill en Glenn Newman sal Berry bystaan.

Die laaste kwarteindstryd tussen die Brumbies en Haaie in Canberra (12:05 SA tyd) sal deur Nieu-Seeland se Mike Fraser behartig word.

Fraser word bygestaan deur die Aussies Angus Gardner, Graham Cooper en James Leckie.

– Sportredaksie

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Haaie  |  Bulle  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.