Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Nie almal by Bulle sien uit na Jake se koms

Die 2020-seisoen sal nogmaals ’n rugbyjaar wees waarin die winde van verandering by Loftus Versfeld waai.

Dit sal deur die loop van die jaar duidelik word watter spelers en afrigters in Jake White, die Bulle se nuwe direkteur van rugby, se toekomsplanne is.

Pote Human, hoofafrigter van die Bulle. Foto: Gallo Images

Hy sal ook van volgende jaar af die span se hoofafrigter wees.

White was veronderstel om Woensdag (1 April) in Pretoria aan te meld, maar die nasionale inperking weens Covid-19 het ’n stokkie daarvoor gesteek.

Alfons Meyer, die Blou Bulle Maatskappy (BBM) se uitvoerende hoof, het gesê hy en White sal in die afsienbare toekoms saam die werwing behartig.

Dit word nie tans in die vooruitsig gestel om vir ’n nuwe hoëprestasiebestuurder te soek nie.

White het glo reeds ’n lys van spelers in wie se handtekeninge hy belangstel.

Daar word by Loftus gehoop dat die voormalige Springbok-afrigter met sy profiel talle spelers sal oorreed om by die Bulle aan te sluit.

Dis reeds bekend dat twee Wêreldbeker-Bokke, Duane Vermeulen en Vincent Koch, in 2021 vir dié franchise Superrugby sal speel.

Vermeulen, wat ná die WB-toernooi in Japan aangebly het om vir die Kubota Spears te speel, is van 1 Junie af weer ’n Bul.

Die grootste verrassing is dat hy ook sommer volgende jaar die hoofafrigter is. Niemand het dit sien kom nie.

Die toer van die Britse en Ierse Leeus is ook vir Koch ’n trekpleister en hy sal deur middel van ’n leenooreenkoms met sy Engelse klub, Saracens, vir die Bulle beskikbaar wees gedurende die Superreeks.

Daar word vertroulik uit die Bulle-kamp verneem nie almal is ewe opgewonde oor White se onverwagse koms nie.

’n Speler, wat nie sy naam genoem wil hê nie, sê daar is baie onsekerheid.

“Ons het die naweek voordat ons gaan toer het die Jake-storie gehoor en toe ons terugkom uit Australië (nadat die Superreeks weens Covid-19 onderbreek is), is hy aangestel.

“Ek dink die feit dat ons in selfisolasie is, bemoeilik die situasie. Die grootste verrassing is dat hy ook sommer volgende jaar die hoofafrigter is. Niemand het dit sien kom nie.

“Ek kan net dink hoe verras coach Pote (Human) en die ander afrigters moes wees.”

Chris Rossouw (agterlyn en aanval), Daan Human (skrums), Pine Pienaar (verdediging) en John-William Meyer (tegniese ontleding) is die lede van Human se afrigtingspan.

Die 60-jarige Pote Human se kontrak verstryk aan die einde van die seisoen. Hy sal ook die Ligbloues in vanjaar se Curriebeker-kompetisie brei.

Meer oor:  Loftus Versfeld  |  Pretoria  |  Pote Human  |  Jake White  |  Bulle  |  Superrugby  |  Alfons Meyer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.