Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Noakes Stormers se geheime wapen

Die bekende sportwetenskaplike prof. Tim Noakes het die Stormers in staat gestel om hul wenmomentum voort te sit in vanjaar se Superrugby-reeks.

John Dobson, die Stormers se afrigter, het Dinsdag bekend gemaak dat Noakes juis vir die span beeldmateriaal oor wenne in die doodsnikke gewys het in die aanloop tot die afgelope naweek se wedstryd teen die Leeus op Ellispark.

Prof. Tim Noakes se motivering het die Stormers verlede week in staat gestel om die Leeus te klop. Foto: Gallo Images

Ruhan Nel het in bykomende tyd ’n drie afgerond om aan hulle ’n oorwinning van 33-30 te besorg. Dít nadat die Leeus ’n agterstand van 15-26 uitgewis het om met 30-26 voor te loop en skynbaar op pad na ’n oorwinning was.

“Prof. Noakes het vir ons beeldmateriaal gewys van hoe ons (die Westelike Provinsie) 2012 se Vodacombeker-eindstryd en Ikeys 2014 se Varsitybeker-eindstryd gewen het,” het Dobson Dinsdag by die Westelike Provinsie se Sentrum vir Uitnemendheid in Bellville gesê.

Toe ons onder die pale staan ná die Leeus se laaste drie, het Pieter-Steph du Toit gesê ‘Onthou wat prof. Noakes gesê het’

“Sy boodskap was dat alles oor die krag van geloof in jouself gaan, met puik beeldmateriaal van Roger Bannister wat die myl vir die eerste keer onder vier minute voltooi. Toe ons onder die pale staan ná die Leeus se laaste drie, het Pieter-Steph du Toit gesê ‘Onthou wat prof. Noakes gesê het’.”

Maar, meen Dobson, die gehalte van die vertoning teen die Leeus voorspel niks goed vir Saterdag se wedstryd teen die Jaguares op Nuweland nie.

“Ons moet verby karakter beweeg om wedstryde te wen. Ons prosesse is nie op standaard nie,” sê hy.

John Dobson, die Stormers se afrigter, meen sy onoorwonne span verdien nie te veel lofsange vir hul vertonings tot op hede in vanjaar se Superreeks nie. Foto: Gallo Images

“Soms wanneer jy jou hersiening van ’n wedstryd doen, besef jy die vertoning was nie só swak as wat jy gedink het nie. In die geval van die wedstryd teen die Leeus was dit, met die uitsondering van ons vaste fasette, erger.”

Dobson meen die Stormers het die vorige naweek ook nie juis goed gespeel teen die Bulle nie. Hy het selfs so ver gegaan as om te sê dat daar te groot ophef gemaak word oor sy span, wat boaan die Suid-Afrikaanse groep en tweede op die algehele puntelys pronk.

“Die wedstryd teen die Jaguares gaan ’n baie grote wees in terme van plekke in die groep en ons trots. Die ophef oor ons is waarskynlik nie geregverdig nie. Twee van ons drie wenne was op ons tuisveld. Die aanloop na daardie laaste drie teen die Leeus is hoe ons graag wil speel. Ons werk baie hard aan ons aanvallende spel,” sê Dobson.

Hy meen die terugkeer van die Springbok-skrumskakel Herschel Jantjies en flank Jaco Coetzee gaan ’n groot hupstoot wees.

Die vaskopstut Wilco Louw sukkel met ’n ligte enkelbesering en sal tot Donderdag gegee word om sy fiksheid te bewys, maar Dobson is “seker” dat hy fiks sal wees.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  John Dobson  |  Tim Noakes  |  Superrugby  |  Jaguares  |  Stormers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.