Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Nóg ’n Du Preez op Haaie se krukkelys

Die Springbok-agtsteman Dan du Preez het hom by sy tweelingbroer, Jean-Luc, op die krukkelys aangesluit nadat hy ligamente in sy skouer geskeur het in die Haaie se eerste Superrugby-stryd Saterdag op Ellispark teen die Leeus.

Dan du Preez het verlede week ligamente in sy skouer geskeur in die Haaie se eerste Superrugby-wedstryd teen die Leeus op Ellispark en sal vir vier weke op die krukkelys wees. Foto: Gallo Images

Du Preez het die veld net voor die rustyd verlaat en Maandag vir ’n skandering gegaan. Hy sal vir vier weke buite aksie wees.

Jean-Luc, wat van ’n enkelbesering herstel, behoort in Maart weer te speel.

Die Haaie se skrumskakel Cameron Wright het harsingskudding in die nederlaag van 26-19 teen die Leeus opgedoen en hy sal begin oefen sodra hy die harsingskuddingstoetse suksesvol voltooi het.

Akker van der Merwe, wat in die tweede helfte as haker opgestuur is, het ’n ligte elmboogbesering opgedoen, maar hy het reeds weer saam met die span begin oefen.

’n Brokkie goeie nuus vir die Haaie aan die beseringsfront is dat hul Springbok-skrumskakel Louis Schreuder volgende week weer saam met die span sal begin oefen.

Schreuder het ’n dyspierbesering in Januarie opgedoen tydens die Haaie se opwarmstryd teen die Bulle in Polokwane.

Die Durbaniete het vandeesweek ’n loslootjie. Hul eerste tuiswedstryd van die seisoen is op 3 Maart wanneer die Waratahs na Kingspark opruk.

Die Durbaniete het vandeesweek ’n loslootjie. Hul eerste tuiswedstryd van die seisoen is op 3 Maart teen die Waratahs.

Die ervare Keegan Daniel behoort as die voorkeur-kandidaat beskou te word om Dan du Preez se skoene op agtsteman vir dié stryd vol te staan.

Daniel sou aanvanklik die nr. 8-trui teen die Leeus gedra het, maar hy was ongesteld en het hom aan dié stryd onttrek.

Die Haaie sal ook hoop Wright is fiks vir die Waratahs-stryd. Hy het sy potensiaal teen die Leeus beklemtoon en ’n leeueaandeel in twee van sy span se drieë gehad.

Sy vennootskap met die losskakel Robert du Preez kan dié seisoen nog ’n groot opbrengs vir die Haaie lewer en Schreuder sal op sy beste moet wees as hy dié 23-jarige van die nr. 9-trui wil weghou.

Superrugby-bepalings.

Superrugby-uitslae.

Superrugby-puntelyste.

Meer oor:  Jean-Luc Du Preez  |  Dan Du Preez  |  Durban  |  Beserings  |  Superrugby  |  Springbok  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.