Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Nothnagel glo Leeus se welpies sal brul

’n Maand gelede sou hy nie kon dink dat hy nou ’n lid van die Leeus se Superrugbyspan sou wees nie, erken die 21-jarige oud-Monna Reinhard Nothnagel.

Reinhard Nothnagel staan Dinsdag die media te woord by Ellispark. Foto: Gallo Images

Dié slot speel Saterdag teen die Bulle in maar slegs sy derde Super-kragmeting.

Verlede week het hy sy eerste ervaring gekry om teen ’n Nieu-Seelandse span te speel, toe die Hurricanes besoek afgelê het op Ellispark.

“Hulle (‘Canes) was baie slim hier rondom die afbreekpunte en hulle is ’n span wat die reëls buig om hulle te pas. Die een ding wat ek uit hierdie ervaring geleer het, is hoe slim hulle speel,” sê dié Krugersdorper.

Dit is juis ’n All Black, Sam Whitelock, wat sy rolmodel is.

“Hy het al meer as ’n 100 keer vir die All Blacks gespeel en wat ek die meeste van hom waardeer, is hoe hy die lynstane beheer,” sê Nothnagel.

Volgens hom is die kans om Saterdag teen spelers van die gehalte van RG Snyman en Jason Jenkins te staan te kom, ’n wonderlike geleentheid en iets wat hom groot opwinding verskaf.

“Die Bulle bevind hulle op ’n hoogtepunt ná ’n goeie toer oorsee en bied ’n groot uitdaging.

“Ek is egter iemand wat wil speel soos ek die situasie sien en nie net volgens ’n gegewe patroon dinge wil doen nie.”

Reinhard Nothnagel verlede maand teen die Haaie in aksie. Foto: Gallo Images

Nothnagel is nou die nuutste lid van ’n Leeus-agttal wat reeds verskeie nuwelinge bevat en nie naastenby die ervaring het van die groep wat oor die afgelope drie jaar diens gedoen het nie.

Daar is nie name soos Franco Mostert, Warren Whiteley, Jaco Kriel, Ruan Dreyer, Jacques van Rooyen, Andries Ferreira, Ruan Ackermann en selfs Kwagga Smith ná sy besering verlede week nie, maar Nothnagel voel die Leeus sal nie in sak en as gaan sit nie.

“Ons gaan hierdie terugslag vat en iets positief daaruit put. Daar is ook ander jong ouens soos Vincent (Tshituka) wat deurkom en ek is oortuig ons kan dit doen. Wees verseker, ons sal ons alles gee en beslis nie terugdeins vir die uitdaging wat daar op ons wag teen die Bulle nie,” het Nothnagel die Leeus-ondersteuners gerusgestel.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Leeus  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.