Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Nou is Bulle Burger ook kwyt vir toer

Asof die langtermyn-verlies van Lood de Jager en Lizo Gqoboka nie genoeg is nie, sal die Bulle Woensdag boonop sonder hul kaptein, Burger Odendaal, na Buenos Aires vlieg.

Handré Pollard (regs) sal Saterdag die Bulle teen die Jaguares in Buenos Aires lei in Burger Odendaal se afwesigheid. Foto: Gallo Images

Odendaal het Dinsdagmiddag weer sy ribbes beseer en John Mitchell, die span se breier, het besluit dit sal wys wees om hom by die huis te los.

Handré Pollard sal, soos vroeër die seisoen toe Odendaal met dieselfde besering gesukkel het, die span aanvoer.

Die Bulle kom Saterdagaand (SA tyd) in die Estadio Jose Amalfitani teen die Jaguares te staan in die Superreeks.

JT Jackson neem Odendaal se plek in die toergroep, maar dit sal interessant om te sien of hy wel die binnesenter sal wees.

Pollard het die nr. 12-trui gedra in Odendaal se afwesigheid en as Mitchell weer sou besluit om hom in die middelveld te ontplooi, sal die 20-jarige Manie Libbok die nuwe losskakel wees.

Dit sal die opwindende Libbok se Superrugby-buiging in die Bulle se beginspan wees.

Mitchell sê die span kan nie bekostig om op De Jager, en Gqoboka se langtermyn-beserings te fokus nie.

“Hulle albei was uitstekend op dreef, maar dit is weg, dit is nou geskiedenis.

“Dit het gebeur en is die realiteit. Jy kan nie fokus op hulle wat nie hier is nie.”

Dit het gebeur en is die realiteit. Jy kan nie fokus op hulle wat nie hier is nie.
John Mitchell

Daar is nie ’n stutaanwins in die groep van 26 nie.

Met Gqoboka en Pierre Schoeman (geskors) nie beskikbaar nie, het Mitchell aangedui die Bulle sal straks versterkings van buite die groep probeer kry.

Die groentjies Mox Mxoli en Matthys Basson is saam met Trevor Nyakane, Frans van Wyk en Conraad van Vuuren die stutte in die groep.

Trevor Nyakane (Gallo)

“Ons kyk na ’n paar spelers (buite die groep), maar ek is vir eers tevrede om van die jonger ouens ’n kans te gee ter wille van hulle ontwikkeling.

“Die tyd is ryp dat hulle ’n bydrae kan lewer. Lizo het die meeste van sy kans gemaak toe ons Pierre verloor het en nou kry die volgende speler daardie geleentheid.”

Mitchell sê hulle weet hoe belangrik Saterdag se wegwedstryd is.

“Ons speel teen ’n span wat hope selfvertroue het ná sy onlangse welslae, so dit gaan ’n massiewe taak wees om die Jaguares tuis te klop.

“Dit gesê, ons het sekere doelwitte gestel en ’n sege in Buenos Aires sal ons een stap nader daaraan bring.”

Die toergroep is:

Agterspelers: Warrick Gelant, Travis Ismaiel, Johnny Kotze, Divan Rossouw, Jesse Kriel, JT Jackson, Handré Pollard (k), Manie Libbok, Embrose Papier, Ivan van Zyl, André Warner.

Voorspelers: Themelani Bholi, Nic De Jager, Roelof Smit, Marco van Staden, Jason Jenkins, RG Snyman, Hendré Stassen, Trevor Nyakane, Conraad van Vuuren, Matthys Basson, Mox Mxoli, Frans van Wyk, Jaco Visagie, Edgar Marutlulle, Adriaan Strauss.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Burger Odendaal  |  Lood De Jager  |  John Mitchell  |  Pretoria  |  Rugby  |  Bulle  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.