Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
O’Gara verleng kontrak met Crusaders

Die voormalige Ierse losskakel Ronan O’Gara het sy kontrak as hulpafrigter vir die Canterbury Crusaders tot aan die einde van die Superrugbyseisoen in 2019 verleng.

Ronan O’Gara / Foto: Getty Images

O’Gara het hom voor die begin van hierdie seisoen by die Crusaders aangesluit op ’n kontrak van ’n jaar nadat hy sy pos as assistent by die Franse klub Racing 92 verlaat het.

“Ek is verheug om my kontrak vir nog ’n seisoen te verleng,” sê die voormalige Britse en Ierse Leeu.

“Ek het nog altyd rugby in Nieu-Seeland bewonder en om die geleentheid te kry om saam met ’n span soos die Crusaders te werk, is ’n fantastiese ervaring.”

Die verdedigende kampioene is met 54 punte gemaklik boaan die Superrugby-punteleer.

Die span, sonder sy All Blacks, pak die Franse Barbarians Vrydag in Christchurch.

– Reuters

Meer oor:  Crusaders  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.