Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Omstrede Kiwi-blaser hanteer Haaie t. Chiefs

Die Haaie sou waarskynlik aanvanklik hul lippe afgelek het om die naweek ’n verswakte Chiefs-span die stryd aan te sê – maar dit was voordat die skeidsregter vir die Superrugbywedstryd in Durban aangewys is.

Mike Fraser kry Saterdag weer geleentheid op Kings Park ten spyte van sy omstrede vertoning op Nuweland. Foto: Gallo Images

Die Chiefs, sonder 20 van sy voorkeurspelers weens beserings en All Black-verpligtinge, pak die Haaie Saterdag met die omstrede Nieu-Seelander Mike Fraser wat die fluitjie blaas (afskop om 15:05).

Fraser se vertoning in die afgelope naweek se wedstryd tussen die Stormers en Chiefs op Nuweland is uit verskeie oorde gekritiseer.

Die Westelike Provinsie se direkteur van rugby, Gert Smal, was onder diegene wat sy misnoeë te kenne gegee het.

“Ek is nie gelukkig met die skeidsregter se vertoning nie. Dit was nie goed genoeg nie,” het hy ná die kragmeting gesê.

Nick Mallett, ’n voormalige Springbok-afrigter, het ná die wedstryd Fraser se hantering van die skrums gekritiseer en die gebruik van Nieu-Seelandse skeidsregters in wedstryde tussen Kiwi- en Suid-Afrikaanse spanne in Suid-Afrika bevraagteken.

Sanzaar, wat in beheer van Superrugby is, het egter Dinsdag gesê hy is tevrede met die standaard van sy wedstrydbeamptes en Fraser met die kragmeting op Kingspark beloon.

Fraser word bygestaan deur die Suid-Afrikaners Marius van der Westhuizen en Archie Sehlako, met Willie Vos in die TV-hokkie.

Nóg ’n Kiwi, Nick Briant, is toevertrou met die wedstryd later Saterdag tussen die Leeus en die Brumbies in Johannesburg (17:15).

Die Suid-Afrikaanse trio Quinton Immelman, Stephan Geldenhuys en Marius Jonker is sy assistente.

Vroeër Saterdag is Australië se Nic Berry die skeidsregter vir die Stormers se tweestryd met die Sunwolves in Hongkong (afskop om 07:15 SA tyd), terwyl Federico Anselmi van Argentinië die laaste wedstryd van die dag tussen die Jaguares en Bulle in Buenos Aires (afskop om 23:40 SA tyd) behartig.

– Sportredaksie

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Haaie  |  Mike Fraser  |  Superrugby  |  Sanzaar  |  Chiefs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.