Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Mitch: ‘Ons het dit deur vingers laat glip’

Dit is teleurstellend dat hulle nie in die laaste 20 minute die wind uit die Brumbies se seile kon haal nie, het John Mitchell, breier van die Bulle, Saterdagaand gesê.

Die Brumbies het op Loftus Versfeld in die spanne se Superrugby-ontmoeting verras deur 38-28 te seëvier.

Die Bulle-slot RG Snyman Saterdag teen die Brumbies in aksie. Foto: Gallo Images

Die Aussies het dit aan die einde vermag met net 14 spelers nadat hul haker, Folau Fainga’a, in die 61ste minuut met ’n rooikaart gestraf is.

“Ja, ons het dit deur ons vingers laat glip. Ons het dit nie verdien nie,” het Mitchell gesê.

Afgesien van die onverwagse nederlaag, het die Bulle in alle waarskynlikheid ’n duur prys betaal met die losvoorspelers Marco van Staden en Roelof Smit wat beseer is.

Mitchell het gesê Van Staden het ’n ernstige enkelbesering diep in die tweede helfte opgedoen, terwyl Smit die veld verlaat het met ’n kniebesering.

“Ek wil nie verskonings maak nie, maar ons raak nou dun voorlangs. Dit is duidelik daar is baie spelers in die span wat tyd nodig het om te ontwikkel.

“As ons vir Marco en Roelof op die lang termyn verloor, sal dit ’n uitdaging vir ons wees.

“Die kompetisie is genadeloos en verg geestelik baie van jou.”

Mitchell sê die nederlaag bemoeilik die Bulle se strewe om die uitspeelrondes te haal.

“Dit is die posisie waarin ons nou is. Ek neem verantwoordelikheid en sal vasstel waar ons gefaal het.”

Dan McKellar, die Brumbies se hoofafrigter, het op sy beurt sy spelers geloof vir die durf waarmee hulle aan die einde die Bulle aangevat het.

“Ons het van ons beste rugby gespeel met 14 spelers op die veld.

“Ek het déjà vu gehad toe Folau afgestuur is (die Brumbies het verlede week teen die Leeus ook diep in die tweede helfte ’n rooi kaart op die lyf geloop).”

Meer oor:  Brumbies  |  Bulle  |  Superrugby  |  John Mitchell
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.