Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Glen Jackson nou duikslag-ghoeroe

Minder as ’n maand nadat die voormalige Nieu-Seelandse skeidsregter Glen Jackson sy fluitjie opgehang het, is hy in ’n nuwe pos aangestel waar hy die duikslae in die Superrugby-reeks onder die vergrootglas gaan plaas.

Sanzaar, die beheerliggaam vir Superrugby en die Rugbykampioenskap, het Vrydag in ’n verklaring aangekondig dat die 44-jarige Jackson aangestel is om die tegniek van duikslae in die Superreeks na te gaan.

Glen Jackson gaan duikslae in die Superrugby-reeks onder die vergrootglas plaas. Foto: Getty Images

Die welstand van spelers en die voorkoming van hoë duikslae is volgens die verklaring ’n prioriteit vir Sanzaar en Wêreldrugby.

Andy Marinos, uitvoerende hoof van Superrugby, sê Jackson se werk is net om die wettigheid van duikslae te bepaal en nie om spelers wat oortree te skors nie.

“Dit is nie ontwerp om die speler op enige manier te na te kom nie, maar om hopelik eerder meer lig te werp op swak tegniek wat gebruik word wat die risiko van beserings verhoog. Die mikpunt is dat gedragsverandering plaasvind deur middel van opvoeding en identifisering (van ontoelaatbare duikslae),” sê Marinos.

“Natuurlik sal diegene wat hulle aan hoë en roekelose duikslae in wedstryde skuldig maak egter volgens die bestaande wette gestraf word.”

Volgens Sanzaar se verklaring het navorsing aan die lig gebring dat die meerderheid van harsingskudding veroorsaak word deur spelers wat duikslae uitvoer wanneer hulle in ’n regop-posisie is. Die beheerliggaam se fokus is daarop om ’n duikslae wat in so ’n posisie uitgevoer is te identifiseer.

Daar sal in elke ronde van Superrugby gekyk word na duikslae wat uitgevoer is terwyl ’n verdediger regop is. Indien bepaal word dat die verdediger ’n swak tegniek het wanneer hy die duikslae uitgevoer het, kan hy en sy span se afrigter ’n waarskuwing ontvang.

Jackson, ’n losskakel in sy speeldae, het vroeër vandeesmaand sy uittrede aangekondig, nadat hy in 2019 oor die hoof gesien is vir die paneel wat in die Wêreldbeker-toernooi in Japan diens gedoen het. – Sportredaksie

Meer oor:  Andy Marinos  |  Superrugby  |  Glen Jackson  |  Sanzaar  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.