Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Papier fokus net op Bulle ná teleurstelling

Vir ’n Springbok om in ’n Wêreldbeker-jaar in die SuperSport-uitdaagreeks, pleks van die Superrugby-kompetisie te moet speel, is allesbehalwe ideaal.

Die jong Bulle-skrumskakel Embrose Papier sê reguit dit was ’n teleurstelling toe dít vroeër vandeesmaand sy lot was.

Embrose Papier is weer op die Bulle se plaasvervangersbank gekies. Foto: Gallo Images

Hy moes daarmee tevrede wees om op Loftus Versfeld in die voorwedstryd vir die Blou Bulle teen die Welwitschias van Namibië te speel, met die Bulle wat daarna in die Superreeks teen die Waratahs te staan gekom het.

Hoewel Pote Human, die Bulle-breier, aangedui het hy roteer bloot sy nr. 9’s, is dit ooglopend dat nie Papier of die Bulle se ander Bok-skrumskakel, Ivan van Zyl, sover die seisoen die spel lewer waarmee hulle ’n plek in die WB-groep verdien nie.

Die 21-jarige Papier het in 2018 sewe toetse vir die Springbokke gespeel, waarvan hy in die laaste twee – teen Skotland en Wallis op die jaareindtoer – in die beginspan was.

Rassie Erasmus, afrigter van die Bokke, het hom en Van Zyl onlangs oor die hoof gesien toe ’n groep Bulle ’n nasionale beplanningskamp bygewoon het.

“Ja, dit was ’n teleurstelling. Ek dink dit is nou belangrik om net op die Bulle te fokus.

“As die span goed vaar, sal my kans ook beter wees om die Bokke se groep te haal.

“Ek besef ek sal elke wedstryd goed moet speel en my foute moet beperk.”

Oor sy relegasie na die SuperSport-reeks, sê Papier, “rugby is rugby”.

“Dit was eintlik goed vir my om weer saam met coach Davey (David Manuel) te werk. Ons kom al ’n lang paadjie en ’n ou moet in sulke gevalle positief bly.”

Papier sê die Bulle is, ondanks Vrydagaand se groot nederlaag op Loftus teen die Crusaders, steeds optimisties dat hulle ’n plek in die uitspeelronde kan bespreek.

As die span goed vaar, sal my kans ook beter wees om die Bokke se groep te haal.
Embrose Papier

“Ons het hier en daar onsself in die steek gelaat en die een teen die Crusaders was taai.

“Afgesien daarvan het ons eintlik ’n goeie seisoen sover.

“Ons gaan hard werk aan die klein goedjies wat ons keer om beter te vertoon.”

Die Bulle speel Vrydag in hul eerste toerwedstryd in Australasië teen die Melbourne Rebels.

Papier is weer op die bank gekies, met Human wat met André Warner in die opdrafspan volhard.

“Hulle het baie ervaring in hul skakelpaar met Quade Cooper en Will Genia en die Rebels speel met baie ritme.

“Dit is ons uitdaging om hulle daar onder druk te plaas,” sê Papier.

Cooper het intussen Woensdag die groenlig gekry om teen die Bulle te speel nadat hy harsingskudding teen die Reds opgedoen het.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Rebels  |  Bulle  |  Superrugby  |  Embrose Papier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.