Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Papier het swaar gedra in 2019-seisoen
Embrose Papier ontwyk verlede seisoen ’n verdediger van Wasps toe hy vir die Sale Sharks diens gedoen het in die Engelse Premierliga. Foto: Getty Images

Vra jy enige rugbyspeler oor sy rol as ’n plaasvervanger en jy kry gewoonlik ’n versigtige en taktvolle antwoord.

Nie Embrose Papier nie.

Dié Springbok-skrumskakel van die Bulle sê reguit dit is vir hom ’n frustrasie om op die bank te sit.

“Tyd op die veld is waardevol en dit is moeilik om op dreef te kom met net 20 of 30 minute (in ’n wedstryd).

“Enige speler wil eerder begin, maar dit is belangrik om die frustrasie opsy te skuif en my beste te gee.”

Papier het in ’n openhartige onderhoud gesê hy het in 2019 swaar gedra aan al die verwagtinge.

Hy het die vorige jaar as ’n 21-jarige sy Bok-debuut gemaak en daar is alom verwag dat hy een van die skrumskakels in Rassie Erasmus se Wêreldbeker-groep sou wees.

Dié droom het nie vir Papier, of sy Bulle-spanmaat Ivan van Zyl, waar geword nie.

Ek was sielkundig uitgeput. Dit was selfs moeilik gewees wanneer ek huis toe gegaan het. Dan wou almal weet hoekom speel ek nie en wat sê die afrigters daaroor.
Embrose Papier

“Ek was sielkundig uitgeput. Dit was selfs moeilik gewees wanneer ek huis toe gegaan het.

“Dan wou almal weet hoekom speel ek nie en wat sê die afrigters daaroor.

“Daar was tye wat ek regtig gewonder het hoekom ek nog rugby speel.”

Toe kom die geleentheid om vir drie maande vir die Sale Sharks in Engeland te speel as ’n Wêreldbeker-plaasvervanger vir Faf de Klerk.

“Dit was ’n baie goeie besluit en het dit het my goed gedoen om weg te kom van alles.

“Hier was dit net Bokke, Bokke en daar was ek in ’n ander omgewing waar ek weer op myself kon fokus.

“Ek het baie ervaring opgedoen in die nat weer en ek het meer speeltyd gekry.”

Embrose Papier sal waarskynlik die naweek weer vir die Bulle diens doen.

Die verwagting is dat Papier dalk Saterdag die nr. 9-trui kan kry wanneer die Bulle teen die Jaguares te staan kom in die Superreeks.

Papier sê ondanks die drie teleurstellende nederlae wat die Bulle sover in die kompetisie gely het, is daar ’n goeie gees in die span.

“Ons het Saterdag al besluit ons gaan nie fokus op dit wat die mense van ons sê nie. Ons is saam in die ding en ons moet dit saam aanpak.

“Ons speel nie slegte rugby nie, maar ons uitvoering kan baie beter wees.”

Volgens Papier sal daar ’n paar aanpassings gemaak word vir die Argentynse besoekers.

“Hul agttal is sterk en dit is ’n goeie gebalanseerde span. “Vir ons sal dit belangrik wees om teen ’n vinnige pas te speel.”

Meer oor:  Faf De Klerk  |  Embrose Papier  |  Pretoria  |  Rugby  |  Skrumskakel  |  Bulle  |  Superrugby  |  Springbok  |  Frustrasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.