Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Peyper blaas fluitjie in SA derby

Jaco Peyper is aangewys as die skeidsregter vir Saterdag se Suid-Afrikaanse Superrugby-derby tussen die Leeus en die Stormers op Ellispark.

Die wedstryd skop af om 15:05.

Jaco Peyper is Saterdag die skeidsregter vir die SA derby tussen die Leeus en die Stormers in Johannesburg. Foto: Getty Images

Volgens die reeks se amptelike webblad dien Marius van der Westhuizen en Rasta Rasivhenge as Peyper se assistentskeidsregters, met Willie Vos wat die televisiehokkie beman.

Die Haaie speel vroeër die dag (08:05 SA tyd) teen die Hurricanes in Wellington en die Nieu-Seelander Ben O’Keeffe sal dié kragmeting beheer.

Hy word bygestaan deur sy landgenote Mike Fraser, Rebecca Mahoney en Aaron Paterson.

AJ Jacobs is die ander Suid-Afrikaanse beampte in aksie hierdie naweek.

Hy dien as assistentskeidsregter vir Vrydag se Aussie-derby tussen die Rebels en Waratahs in Melbourne (10:15 SA tyd) en is die skeidsregter vir Saterdag se wedstryd tussen die Brumbies en Highlanders in Canberra (10:15 SA tyd).

Die Bulle geniet vandeesweek ’n loslootjie.

– Sportredaksie

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Stormers  |  Leeus  |  Superrugby  |  Jaco Peyper
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.