Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Peyper blaas fluitjie in Super-eindstryd

Sanzaar, die beheerliggaam van die Superrugbyreeks, het Jaco Peyper aangewys vir Saterdag se eindstryd tussen die Crusaders en die Jaguares in Christchurch.

Die Suid-Afrikaanse skeidsregter Jaco Peyper verskyn Saterdag in sy derde Superrugby-eindstryd. Foto: Getty Images

Dit sal die derde geleentheid wees wat die Suid-Afrikaner die beslissende kragmeting behartig.

Die Nieu-Seelanders Mike Fraser, Paul Williams en Ben Skeen (televisieskeidsregter) sal Peyper bystaan.

Dit is die 26ste Superrugby-eindstryd, met 14 blasers wat die fluitjie in dié wedstryde gedra het.

Suid-Afrika se André Watson se vyf eindstryde is die meeste. Hy word gevolg deur Paddy O’Brien, Jonathan Kaplan, Craig Joubert, Jaco Peyper (drie) en Steve Walsh (twee).

Freek Burger, Glen Wahlstrom, Wayne Erickson, Tappe Henning, Mark Lawrence, Bryce Lawrence, Glen Jackson en Angus Gardner het elk een eindstryd behartig.

SUPERRUGBY-EINDSTRYDE – UITSLAE EN SKEIDSREGTERS

* Super 10

1993: Transvaal t. Auckland, 20-17 op Ellispark, Johannesburg. Skeidsregter: Freek Burger (Suid-Afrika).

1994: Queensland t. Natal, 21-10 op Ballymore, Brisbane. Skeidsregter: Glen Wahlstrom (Nieu-Seeland).

1995: Queensland t. Transvaal, 30-16 op Ellispark, Johannesburg. Skeidsregter: Paddy O’Brien (Nieu-Seeland).

* Super 12

1996: Auckland t. Natal, 45-21 op Eden Park, Auckland. Skeidsregter: Wayne Erickson (Australië).

1997: Auckland Blues t. ACT Brumbies, 23-7 op Eden Park, Auckland. Skeidsregter: Tappe Henning (Suid-Afrika).

1998: Canterbury Crusaders t. Auckland Blues, 20-13 op Eden Park, Auckland. Skeidsregter: Paddy O’Brien (Nieu-Seeland).

1999: Canterbury Crusaders t. Otago Highlanders, 24-19 op Carisbrook, Dunedin. Skeidsregter: André Watson (Suid-Afrika).

2000: Crusaders t. Brumbies, 20-19 in Bruce-stadion, Canberra. Skeidsregter: André Watson (Suid-Afrika).

2001: Brumbies t. Haaie, 30-6 in Bruce-stadion, Canberra. Skeidsregter: Paddy O’Brien (Nieu-Seeland).

2002: Crusaders t. Brumbies, 31-13 in Jade-stadion, Christchurch. Skeidsregter: André Watson (Suid-Afrika).

2003: Blues t. Crusaders, 21-17 op Eden Park, Auckland. Skeidsregter: André Watson (Suid-Afrika).

2004: Brumbies t. Crusaders, 47-38 in Canberra-stadion. Skeidsregter: André Watson (Suid-Afrika).

2005: Crusaders t. Waratahs, 35-25 in Jade-stadion, Christchurch. Skeidsregter: Jonathan Kaplan (Suid-Afrika).

* Super 14

2006: Crusaders t. Hurricanes, 19-12 in Jade-stadion, Christchurch. Skeidsregter: Jonathan Kaplan (Suid-Afrika).

2007: Bulle t. Haaie, 20-19 op Kingspark, Durban. Skeidsregter: Steve Walsh (Nieu-Seeland).

2008: Crusaders t. Waratahs, 20-12 in AMI-stadion, Christchurch. Skeidsregter: Mark Lawrence (Suid-Afrika).

2009: Bulle t. Chiefs, 61-17 op Loftus Versfeld, Pretoria. Skeidsregter: Jonathan Kaplan (Suid-Afrika).

2010: Bulle t. Stormers, 25-17 in Orlando-stadion, Soweto. Skeidsregter: Craig Joubert (Suid-Afrika).

* Super 15

2011: Reds t. Crusaders, 18-13 in Suncorp-stadion, Brisbane. Skeidsregter: Bryce Lawrence (Nieu-Seeland).

2012: Chiefs t. Haaie, 37-6 in Waikato-stadion, Hamilton. Skeidsregter: Steve Walsh (Australië).

2013: Brumbies t. Chiefs, 33-27 in Waikato-stadion. Skeidsregter: Craig Joubert (Suid-Afrika).

2014: Waratahs t. Crusaders, 33-32 in ANZ-stadion, Sydney. Skeidsregter: Craig Joubert (Suid-Afrika).

2015: Highlanders t. Hurricanes, 21-14 in Westpac-stadion, Wellington. Skeidsregter: Jaco Peyper (Suid-Afrika).

* Super 18

2016: Hurricanes t. Leeus, 20-3 in Westpac-stadion, Wellington. Skeidsregter: Glen Jackson (Nieu-Seeland).

2017: Leeus t. Crusaders, 25-17 op Ellispark, Johannesburg. Skeidsregter: Jaco Peyper (Suid-Afrika).

2018: Crusaders t. Leeus, 37-18 in AMI-stadion, Christchurch. Skeidsregter: Angus Gardner (Australië).

* Super 15

2019: Crusaders t. Jaguares in AMI-stadion, Christchurch. Skeidsregter: Jaco Peyper (Suid-Afrika).

– Sportredaksie

Meer oor:  Crusaders  |  Superrugby  |  Jaco Peyper  |  Jaguares
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.