Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Philip terug om Haaie te versterk

Die Chiefs gaan miskien met ’n saamgeflanste span na Durban opruk, maar vir Robert du Preez, Haai-breier, was daar duidelik geen sprake van ruskans aan voorkeurspelers gee nie.

Philip van der Walt is terug in die Haaie se beginspan vir hul kragmeting met die Chiefs Saterdag in Durban. Foto: Gallo Images

Trouens, Du Preez het seker gemaak hy kies sy sterkste moontlike span vir dié Superrugby-stryd Saterdag op Kingspark. Hy het slegs drie veranderinge aan sy beginspan aangebring wat verlede Saterdag met 33-39 teen die Bulle op Loftus Versfeld verloor het.

Du Preez het sy agttal met die insluiting van Philip van der Walt ten koste van Jacques Vermeulen op oopkantflank versterk. Van der Walt het herstel van ’n hou teen die gesig wat hom ’n week lank buite aksie gehou het.

Agterlangs is Makazole Mapimpi plaasvervangersbank toe gepos nadat hy gesukkel het om die hoë balle te bemeester waarmee die Bulle hom deurgaans getoets het. Lwazi Mvovo, wat goed gespeel het toe hy Saterdag opgestuur is, sal in sy plek op linkervleuel begin.

Op skrumskakel vervang Louis Schreuder vir Cameron Wright as deel van die Haaie se rotasiebeleid.

Die Chiefs ruk Saterdag sonder soveel as 20 van hul voorkeurspelers na Durban op. Hulle word deur beserings lamgelê, terwyl die beleid dat Kiwi-spanne hul nasionale spelers vir twee weke moet laat rus voor die toetse in Junie nog vier All Blacks geëis het.

* Haaie: Curwin Bosch, Sbu Nkosi, Lukhanyo Am, André Esterhuizen, Lwazi Mvovo, Robert du Preez, Louis Schreuder, Dan du Preez, Jean-Luc du Preez, Philip van der Walt, Ruan Botha, Tyler Paul, Thomas du Toit, Akker van der Merwe en Beast Mtawarira. PLAASVERVANGERS: Franco Marais, Juan Schoeman, Ross Geldenhuys, Stephan Lewies, Jacques Vermeulen, Cameron Wright, Marius Louw en Makazole Mapimpi.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Haaie  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.