Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Pienkvoet hou Ross besig in inperkingstyd

Die tyd van inperking van 21 dae is allesbehalwe een waar die Leeus- en Springbok-skrumskakel, Ross Cronjé, voete in die lug kan sit en die lewe rustig vat.

Cronjé en sy vrou, Callie, het laat verlede week hul tweede pienkvoet, ’n seuntjie met die naam Jesse Jack, verwelkom.

Ross Cronjé en sy seuntjie, Jesse, wat verlede week gebore is. Foto: Twitter

“Hy het sy opwagting eintlik ’n bietjie vroeg gemaak, wat ’n bedekte seën is, want met hierdie inperkingstydperk is ’n mens maar taamlik skrikkerig in die hospitale,” sê Cronjé, wat verlede jaar die Leeus se kaptein in die Curriebeker-reeks was.

“Ons kon Jesse gelukkig reeds Saterdag huis toe neem. Met al die voorsorgmaatreëls wat daar nou in hospitale is met die virus-pandemie, word jy kwaai getoets wanneer jy daar ingaan. Dit laat jou eintlik net besef hoe ernstig hierdie hele besigheid is en met watter sorg en oorgawe dit benader moet word,” sê Cronjé.

“Gelukkig het alles goed afgeloop met die geboorte en is hy en my vrou nou weer veilig by die huis,” sê Cronjé.

Op die rugbyveld het dinge ongelukkig nog vanjaar nie so goed vir die skrumskakel verloop nie, aangesien ’n enkelbesering wat ’n operasie vereis het, hom tot dusver uit die Superreeks gehou het.

Hy het wel al twee oefenwedstryde vir die Leeus se naasbestes gespeel en voel sy rehabilitasie het goed verloop.

“Ek is ook in die gelukkige posisie om op ’n plaas hier in die Wieg van die Mensdom (buite Johannesburg) te woon en dus het ek genoeg ruimte om te oefen. Ek is nou juis op pad om ’n ‘yo-yo-toets’ te gaan doen. Ons kry ons oefeninge van die unie af. Dit behels vaartwerk en om naellope af te lê,” vertel Cronjé.

Dit laat jou eintlik net besef hoe ernstig hierdie hele besigheid is en met watter sorg en oorgawe dit benader moet word.
Ross Cronjé

“Ek voel goed en is fiks. Ek sal gereed wees wanneer ons weer kan begin speel. Selfs al moet ons agter geslote deure speel en oefen, sal dit net lekker wees om weer aan die gang te kom,” sê hy.

“Ek is ook in gereelde kontak via sosiale media met die ander spelers in die groep. Almal is dit eens dat dit nou net belangrik is om ons liggame en denke positief en reg ingestel te hou. Die belangrike ding gaan wees om slaggereed te wees wanneer daar weer op ons knoppies gedruk word,” glo Cronjé.

Hy erken dit was nogal frustrerend om die span op televisie te moes dophou en nie deel van die aksie te kon wees nie.

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Leeus  |  Superrugby-Reeks  |  Covid-19  |  Ross Cronjé
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.