Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Pocock se Super-loopbaan dalk verby
David PocockFoto: Getty Images

Dan McKellar, Brumbies se afrigter, het erken dat David Pocock dalk nie weer vanjaar in die Superrugby-reeks gaan speel nie.

Die Brumbies sal Vrydag sonder dié Wallaby-losvoorspeler teen die Bulle te staan kom. Pocock het steeds las van ’n kuitbesering.

Volgens die webtuiste rugbypass.com het die 31-jarige Pocock vanjaar nog net 138 minute in drie wedstryde gespeel. Die verwagting was vroeër dat hy teen die Bulle sy terugkeer sou maak.

Pocock was vroeër die week by die Wallabies se oefenkamp maar die kans is goed dat medici moontlik kan aanbeveel dat hy met die oog op die Wêreldbeker-toernooi eerder kans moet kry om behoorlik te herstel.

Sou dit gebeur, is Pocock se loopbaan as ’n Brumbie en Superrugby-speler ook verby. Sy kontrak verstryk aan die einde van die seisoen en die verwagting is dat hy volgende jaar sy loopbaan in die Noordelike Halfrond gaan voortsit. – Sportredaksie

Meer oor:  David Pocock  |  Australië  |  Rugby  |  Briumbies  |  Flank  |  Wallabies  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.