Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Pote Human: ‘Bewys my reg, Bulle’
Trevor Nyakane, die nuwe Bulle-kaptein, en Pote Human, die span se hoofafrigter, vandeesweek in ’n ligte luim. Foto: Gallo Images

’n Kans om hom reg te bewys.

Só het Pote Human, hoofafrigter van die Bulle, sy spankeuse beskryf vir Saterdag se Superrugby-wedstryd teen die Jaguares op Loftus Versfeld.

Afgesien van die noodgedwonge insluiting van die Tongaan Nafi Tuitavake in die beseerde kaptein, Burger Odendaal, se plek, het Human nie veel aan sy beginspan verander nie.

Sover die seisoen is dit ’n geval van Human wat nie torring aan ’n verloorspan nie.

“Ek het vertroue in die spelers en dit is ’n kans vir hulle om my reg te bewys,” sê hy.

Ek het vertroue in die spelers en dit is ’n kans vir hulle om my reg te bewys.
Pote Human

Buiten die 31-jarige Tuitavake, sal die kollig ook op Embrose Papier en Marco van Staden wees.

Albei Springbokke draf Saterdag die eerste keer vanjaar in die beginspan uit.

Daar word stilweg gehoop dat Tuitavake, wat in 2014 en 2015 vir die Crusaders Superrugby gespeel het, die Bulle groter slaankrag sal gee op buitesenter.

“Hy is ervare en sy vermoë om die agterlyn te organiseer, kan ’n groot bate wees.

Johnny Kotze

“Ons hoop Nafi kan daarin slaag om die spelers aan sy buitekant meer ruimte te gee om aanvallend te speel,” sê Human.

Die veelsydige Johnny Kotze kry die nr. 12-trui in Odendaal se afwesigheid.

Human sê dit was nie vir hom ’n oorweging om Morné Steyn na binnesenter te skuif om vir Manie Libbok plek te maak op losskakel nie.

Agter die oond sal baie oë op Papier wees, wat tot dusver in die kompetisie met ’n plek op die plaasvervangersbank tevrede moes wees.

Volgens Human is die onus op Papier om vinnige diens te lewer, “maar die voorspelers moet toesien dat dit gebeur”.

Daar word verwag dat die besoekers oudergewoonte ’n truuk of twee sal hê om die Bulle van ritme en momentum te ontneem.

“Ons is gereed daarvoor en ons verwag dit. Dit is soms onwettig, maar hulle kom weg daarmee. Ons het daaraan aandag gegee en goed voorberei daarvoor.”

Die Bulle sal met Van Staden, wat terugkeer nadat hy harsingskudding gehad het, beter toegerus wees by die afbreekpunte.

Trevor Nyakane voer die span aan en is die franchise se vyfde kaptein in twee seisoene in dié reeks.

* Die Springbok-heelagter Warrick Gelant speel Saterdag sy 50ste wedstryd vir die Bulle in Superrugby.

Meer oor:  Pote Human  |  Nafi Tuitavake  |  Trevor Nyakane  |  Pretoria  |  Afrigter  |  Jaguares  |  Loftus  |  Rugby  |  Bulle  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.