Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Pote: Bulle leef nie in die verlede

16 Februarie, Loftus Versfeld. Vergeet liefs wat daardie dag gebeur het.

Thor is terug! Duane Vermeulen (regs) en Jesse Kriel Woensdag in ’n ligte luim op Loftus se B-veld. Vermeulen is terug in die Bulle se beginspan vir Saterdag se Superrugby-kragmeting met die Stormers in Kaapstad. Foto: Gallo Images

Pote Human, hoofafrigter van die Bulle, verseker sy span weet van beter as om Saterdag met die sege van 40-3 oor die Stormers in die agterkop op te daag vir die herontmoeting in die Superreeks op Nuweland.

“Ons lees niks daarin nie. Die Stormers het daardie dag groot ontwrigting gehad toe hul bus op die snelweg vertraag is.

“Dit moes ’n impak op hulle gehad het. Ons weet hulle het seergekry hier, so dit gaan ’n massiewe wedstryd wees Saterdag,” sê Human.

Nadat daar die vorige twee wedstryde heelwat veranderings was, het Human dié keer meestal gehou by die beginspan, wat die Reds voorverlede Saterdag op Loftus verslaan het.

Die ervare Springbok Duane Vermeulen keer wel ná ’n blaaskans terug en vervang Paul Schoeman op agtsteman.

Schoeman is een van die plaasvervangers, terwyl Johan Grobbelaar, wat die Tukkies onlangs in die Varsitybeker-eindstryd verteenwoordig het, as die plaasvervanger-haker in Corniel Els se plek gekies is.

Daar is steeds nie plek vir die ervare vleuels Rosko Specman en Cornal Hendricks nie.

Albei is in die Blou Bulle se span gekies wat Vrydag in Nelspruit in die SuperSport-uitdaagreeks teen die Pumas speel.

“Ek dink net Jade (Stighling) en Johnny (Kotze) speel tans baie goeie rugby. Hy (Specman) het ook vroeër uitgeblink en sal vorentoe weer ’n kans kry,” het Human verduidelik.

Die Bulle het ná die afgelope naweek se loslootjie agt wedstryde op ’n streep, wat ’n toer Doer Onder insluit.

Human sê die spelers sal noukeurig bestuur word die volgende twee maande.

Hy is gekritiseer oor sy besluit om die invloedryke Bokke Handré Pollard en Jesse Kriel in dieselfde wedstryd teen die Jaguares te laat rus vroeër vandeesmaand.

“Dit is die uitdaging. Ek het baie kritiek gekry ná die Jaguares-wedstryd en ek aanvaar dit so.

“Ons was ná 70 minute nog 20-10 voor en het toe twee geelkaarte gekry.

Ek dink net Jade (Stighling) en Johnny (Kotze) speel tans baie goeie rugby. Hy (Specman) het ook vroeër uitgeblink en sal vorentoe weer ’n kans kry.
Pote Human

“Ek dink steeds ons het daardie dag die span gehad om die Jaguares te klop, maar dit het nie gebeur nie en ek neem volle verantwoordelikheid.”

Die besoekers sal Saterdag op Nuweland twee mylpale vier.

Die Springbok-stut, Trevor Nyakane, speel sy 100ste wedstryd in die kompetisie en die senter Burger Odendaal in sy 50ste.

Nyakane het voorheen 42 keer vir die Cheetahs gespeel voordat hy sy loopbaan in Pretoria voortgesit het.

Pollard, die Bulle-kaptein, het hulde gebring aan die bonkige stut.

“Dit is ongelooflike prestasie vir ’n stut. Die voorry is nie ’n plek waar ek wil wees nie en hy het dit nou ’n al 100 keer gedoen.

“Hy is ’n interessante karakter. Hy is eintlik baie rustig en bring kalmte in die span.

“Hy het ook sy oomblikke wat hy aan die dans gaan, maar hy is bo alles ’n wonderlike ou om in die span te hê.”

Bulle:
Warrick Gelant, Johnny Kotze, Jesse Kriel, Burger Odendaal, Jade Stighling, Handré Pollard (k), Ivan van Zyl, Duane Vermeulen, Hanro Liebenberg, Marco van Staden, RG Snyman, Jannes Kirsten, Trevor Nyakane, Jaco Visagie, Lizo Gqoboka. PLAASVERVANGERS: Johan Grobbelaar, Simphiwe Matanzima, Wiehahn Herbst, Thembelani Bholi, Paul Schoeman, Embrose Papier, Manie Libbok, Divan Rossouw.

* Kyk hier na een van Nyakane se dansies:

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Pote Human  |  Stormers  |  Rosko Specman  |  Bulle  |  Superrugby  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.