Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Pote: ‘Bulle wil selfrespek terugkry’

Die Blou Bulle sal Vrydag jag maak op hul sesde sege in sewe wedstryde teen die Rebels wanneer dié spanne in die AAMI-stadion in Melbourne uitdraf.

Warrick Gelant, wat hier ’n drie druk in die Bulle se wedstryd teen die Waratahs, is terug in die span vir Vrydag se Superrugby-kragmeting met die Rebels. Foto: Gallo Images

Die Bulle se breier, Pote Human, het die heelagter Warrick Gelant en die flank Hanro Liebenberg in die beginspan ingesluit. Liebenberg en Paul Schoeman sal flankmaats wees in die Bulle se eerste wedstryd op hul Australasiese toer.

Gelant was aanvanklik verlede week in die beginspan ingesluit teen die Crusaders, maar is later weens ’n besering onttrek, terwyl Liebenberg verlede week nog op die krukkelys was.

Albei het egter van hul beserings herstel en sal op hul pos wees.

Jannes Kirsten en Marco van Staden skuif albei na die plaasvervangersbank toe nadat hulle verlede week begin het. Divan Rossouw sal ook onder die plaasvervangers tel nadat hy verlede week begin het, terwyl die losvoorspeler Thembelani Bholi nie die 23-tal gehaal het nie.

“Ons vertoning teen die Rebels sal ’n belangrike rigtingwyser wees vir hoe ons die res van die toer sal vaar,” het Human Woensdag vanuit Melbourne gesê.

“Ons moet die toer op ’n positiewe noot begin, maar meer belangrik, ons moet selfrespek terugkry ná ons swak vertoning voor die getroue ondersteuners op Loftus verlede naweek. Ons is hulle dit verskuldig, maar ook vir onsself om te wys dat ons wel ’n begeerte het om die kompetisie te wen.”

Die Rebels het intussen aangedui dat die losskakel Quade Cooper van sy harsingskudding herstel het en die Australiërs se generaal sal wees, terwyl die veelsydige Wallaby-agterspeler Matt Toomua, wat inderhaas uit Engeland ontbied is om moontlik vir Cooper in te staan, op die bank ingesluit is.

* Bulle: Warrick Gelant, Cornal Hendricks, Johnny Kotze, Burger Odendaal, Rosko Specman, Handré Pollard (k), André Warner, Duane Vermeulen, Hanro Liebenberg, Paul Schoeman, Jason Jenkins, RG Snyman, Trevor Nyakane, Schalk Brits, Lizo Gqoboka. PLAASVERVANGERS: Jaco Visagie, Simphiwe Matanzima, Wiehahn Herbst, Jannes Kirsten, Marco van Staden, Embrose Papier, Manie Libbok, Divan Rossouw.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Bulle  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.