Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Pote kies Morné bo Manie vir losmaker

Al drie die Bulle se oorsese aanwinste, Morné Steyn, Josh Strauss en Juandré Kruger, in die beginspan en Cornal Hendricks op buitesenter.

Morné SteynFoto: Getty Images

Dit is in ’n neutedop die nuus uit die Bulle-kamp in die opbou tot Sondag se superheld-losmaker teen die Leeus in die FNB-stadion in Johannesburg.

Pote Human, afrigter van die Bulle, het verras met Hendricks, ’n voormalige Springbok-vleuel, op senter.

Hy het vir Steyn bo Manie Libbok in die opdrafspan gekies, terwyl Ivan van Zyl die nr. 9-trui kry.

Human sê hy is opgewonde oor Hendricks in die middelveld.

“Ek hou van ’n groot senter wat vinnig en fisiek is en Cornal kan ’n goeie kombinasie saam met Burger (Odendaal) vorm.”

Die oud-Haai Wian Vosloo kry die kans om die Leeus by die afbreekpunte aan te vat. Strauss en die talentvolle Muller Uys vorm saam met hom die lostrio.

Die Bulle speel om 15:15 teen die Leeus. Die Haaie en die Stormers sit die bal aan die rol om 13:00.

Die Haaie, Leeus en Stormers kies hul spanne Donderdag.

* Bulle: Warrick Gelant, Johnny Kotze, Cornal Hendricks, Burger Odendaal (k), Rosko Specman, Morné Steyn, Ivan van Zyl, Josh Strauss, Muller Uys, Wian Vosloo, Juandré Kruger, Andries Ferreira, Wiehahn Herbst, Jaco Visagie, Simphiwe Matanzima. PLAASVERVANGERS: Johan Grobbelaar, Gerhard Steenekamp, Mornay Smith, Ryno Pieterse, Ruan Nortjé/Jean Droste, Embrose Papier, Chris Smith, Divan Rossouw, Dylan Sage, Manie Libbok, Jeandré Rudolph, Abongile Nonkontwana, Tim Agaba. – Cobus Claassen

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.