Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Pote kry 2 mentors vir Superrugby
Rassie Erasmus vroeër vanjaar op Loftus, waar die Springbokke voorberei het vir hul toets teen die All Blacks. Hy sal eersdaags terug wees by dié stadion, maar dié keer om die Bulle met hul Superrugby-voorbereiding te help. Foto: Gallo Images

Rassie Erasmus, Springbok-afrigter, val op 3 Januarie in by die Bulle om hand by te sit met hul voorbereiding vir die Superrugby-seisoen.

Willem Strauss, president van die Blou Bulle, het Dinsdag by die aankondiging van Pote Human as die nuwe Bulle-afrigter in die Superreeks, gesê die nuwe afrigter en Erasmus sal reeds Woensdag samesprekings voer.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het Dinsdag in ’n verklaring gesê die Springbok-afrigtingspan sal al die Super-spanne en ook diegene in die Pro14-reeks van hulp en raad bedien.

Dit gaan nie daaroor om ons styl of taktiek op die spanne af te dwing oor wat ons sien as die bloudruk van hoe spanne moet speel nie.
Rassie Erasmus

“Dit gaan nie daaroor om ons styl of taktiek op die spanne af te dwing oor wat ons sien as die bloudruk van hoe spanne moet speel nie,” sê Erasmus in die verklaring.

“Ons gaan eerder raad bedien oor generiese kwessies soos vaardighede, kondisionering, dryfmale, skrums en lynstane.”

Die Bulle sê hulle is baie bly oor Erasmus se betrokkenheid en dat dit wys op die noue band wat daar bestaan tussen die Suid-Afrikaanse Super-spanne en Erasmus as direkteur van rugby.

“Rassie sal as mentor optree vir Pote en sy afrigtingspan in die aanloop tot die Superreeks,” sê Strauss.

Willem Strauss, president van die Blou Bulle, saam met Alan Zondagh, dié unie se nuwe direkteur van rugby. Foto: Gallo Images

Daar is ook aangekondig dat Alan Zondagh aangestel is as die Bulle se direkteur van rugby. Hy sal omsien na al die rugbystrukture by die Bulle en ook vir Human en sy afrigtingspan bystaan.

“Hierdie is opwindende tye vir die Bulle,” sê Zondagh, wat met ’n ryke rugbygeskiedenis in Pretoria aankom. Hy was tussen 1980 en 1988 die Westelike Provinsie se direkteur van afrigting, waarna hy van 1989 tot 1991 die Oostelike Provinsie afgerig het. Tussen 1993 en 1996 was hy die WP se hoofafrigter en daarna het hy London Scottish en Saracens oorsee afgerig.

“Ek wil hier by die Bulle voortbou op dít wat John Mitchell begin het. Dit gaan nie ’n maklike taak wees nie, maar dit gaan darem nie nodig wees om té veel te verander aan die strukture nie. Dit is egter van groot belang dat wenrugby weer deel van die Bulle-kultuur word,” sê hy.

“Daar sal ’n middeweg gevind moet word tussen konserwatiewe rugby en kreatiewe rugby. In Suid-Afrikaanse rugby sukkel al die unies finansieel en daar sal ’n manier gevind moet word om spelers te behou en te ontwikkel.

Ek is beslis iemand wat ’n oog vir talent het en dít wil ek hier uitbou.
Alan Zondagh

“Ek is beslis iemand wat ’n oog vir talent het en dít wil ek hier uitbou. Daar is onsekerheid by spelers en hulle moet verseker word dat hulle rustig kan wees en deel van die toekomsplanne is,” sê Zondagh.

“Jy kry spelers soos (Handré) Pollard, (Pat) Lambie en (Curwin) Bosch, wat net dadelik op ’n jong ouderdom reg is vir die hoogste vlak, maar wat veral losskakels betref, moet jy vir spelers sê daar word oor vyf jaar aan hulle gewerk om reg te wees vir Superrugby.

“Baie van hulle twyfel dan of rugby die loopbaan vir hulle is, want die probleem is dat baie jong spelers kitssukses wil hê,” sê hy.

Meer oor:  Alan Zondagh  |  Pote Human  |  Rassie Erasmus  |  Pretoria  |  Afrigter  |  Bulle  |  Superrugby  |  President  |  Toetsrugby  |  Bbru
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.