Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Pote Human tob oor Bulle se nr. 9 en 10

“Seker so vyftien.”

Pote Human, afrigter van die Bulle, het dié antwoord gehad toe hy gevra is oor hoeveel posisies in sy beginspan hy nog wik en weeg.

Is Cornal Hendricks die regte man om die leemte te vul wat die Springbok-senter Jesse Kriel by die Bulle gelaat het?Foto: Getty Images

Hoewel dié reaksie grotendeels tong-in-die-kies was, wys die insluiting van Cornal Hendricks op buitesenter vir Sondag se superheld-ontmoeting met die Leeus in die FNB-stadion, dat die Bulle se Superrugbyspan ver van gefinaliseer is.

“Dit is nie maklik nie. Daar is so baie jong spelers wat deurkom en daar is goeie mededinging in die groep.

Ja, ’n ou soos Burger (Odendaal, die kaptein) sal daar wees en dalk is Speckies (Rosko Specman) veilig op vleuel.

“Maar op losskakel en skrumskakel sal ons sukkel om te kies. So ook op haker waar ons vier sterk kandidate het.”

Human sê Hendricks, ’n voormalige Springbok-vleuel, het alles wat nodig is in die nr. 13-kanaal.

“Ek wil hom ’n kans gee daar om te sien of dit uitwerk.

“Cornal is groot, vinnig en fisiek en ek hou daarvan. Hy is ook iemand wat betrokke wil wees en met die bal wil hardloop.”

Die Tongaan Nafi Tuitavake, wat ’n kontrak van twee jaar met die Bulle gesluit het, sou waarskynlik Odendaal se sentermaat gewees het.

Tuitavake sal eers Vrydag by Loftus Versfeld aankom nadat hy die afgelope twee weke gesukkel het om ’n visum te kry.

Cornal is groot, vinnig en fisiek en ek hou daarvan.
Pote Human

Al drie die Bulle se oorsese aanwinste – Morné Steyn, Josh Strauss en Juandré Kruger – is in die beginspan gekies.

Steyn is bo Manie Libbok op losskakel gekies, terwyl Ivan van Zyl op skrumskakel begin.

“Almal weet wat Manie kan doen, maar ek wil meer van Morné sien. Hy lyk baie fiks en skerp en het ’n goeie 30 minute teen die Tukkies gehad.

“Ek wil vir Manie ook ’n kans op heelagter gee, want hy is baie gevaarlik wanneer hy ruimte kry.”

Die oud-Haai Wian Vosloo is die oopkant-flank in die beseerde Marco van Staden se plek, terwyl Jeandré Rudolph ná rustyd by hom sal oorvat.

Human hoop sy lostrio, Vosloo, Strauss en die opkomende ster Muller Uys, sal met welslae kombineer.

Die aanduiding is dat albei Bok-stutte, Lizo Gqoboka en Trevor Nyakane, betyds sal terugkeer om aan die einde van die maand in Durban teen die Haaie te speel.

’n Bulle-vyftiental speel Vrydagmiddag op Loftus se B-veld teen die Leeus se naasbestes.

* Bulle: Warrick Gelant, Johnny Kotze, Cornal Hendricks, Burger Odendaal (k), Rosko Specman, Morné Steyn, Ivan van Zyl, Josh Strauss, Muller Uys, Wian Vosloo, Juandré Kruger, Andries Ferreira, Wiehahn Herbst, Jaco Visagie, Simphiwe Matanzima. PLAASVERVANGERS: Johan Grobbelaar, Gerhard Steenekamp, Mornay Smith, Ryno Pieterse, Ruan Nortjé/Jean Droste, Embrose Papier, Chris Smith, Divan Rossouw, Dylan Sage, Manie Libbok, Jeandré Rudolph, Abongile Nonkontwana, Tim Agaba.

* Bulle XV: Richard Kriel, Jade Stighling, Marnus Potgieter, Franco Naudé, Sebastiaan Jobb, David Coetzer, Marco Jansen van Vuren, Ewan Coetzee, Adre Smith, Ruan Steenkamp (k), Jean Droste, Ian Groenewald, Madot Mabokela, Louis van der Westhuizen, Dayan van der Westhuizen. PLAASVERVANGERS: Corniel Els, Kudzwai Dube, Eduan Swart, Carl Els, Janko Swanepoel, Jaco Labuschagne, Phillip Potgieter, Keagan Johannes, Vaughen Isaacs, Dawid Kellerman, Diego Appollis, Jay-Cee Nel.

Meer oor:  Pote Human  |  Superheld-Sondag  |  Blou Bulle  |  Leeus  |  Superrugby-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.