Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Pro14 het Nonkontwana help brei

’n Lang lys losvoorspelers soos Duane Vermeulen, Jannes Kirsten, Hanro Liebenberg, Roelof Smit, Thembelani Bholi, Nic de Jager en Paul (Tier Schoeman) het die Bulle in 2019 gegroet.

Met so 'n rits spelers wat Pretoria verlaat het, sou jy dink dié franchise het vanjaar ’n krisis in die lostrio.

Abongile Nonkontwana op die aanval vir die Cheetahs in die Pro14-reeks. Foto: Gallo Images

Die Bulle het egter steeds met Josh Strauss en Marco van Staden spelers met toetservaring, terwyl die belowende jonges Muller Uys, Wian Vosloo en Abongile Nonkontwana die kans het om vanjaar in die Superreeks wasdom te bereik.

Nonkontwana is terug in Pretoria nadat hy ’n draai by die Cheetahs gemaak het.

Hy het in 2017 sy Superrugby-debuut vir die Bulle onder Nollis Marais gemaak, maar was die volgende jaar nie deel van John Mitchell se planne nie.

Die ervaring wat hy sedertdien in die Pro14-reeks opgedoen het, was goud werd, sê hy.

“Ek moes meer speeltyd kry en die Cheetahs het my die kans gegee. Dit is al hoe jy verbeter, om elke naweek tyd op die veld deur te bring.”

Dit was ’n maklike besluit toe die Bulle hom verlede jaar gevra het om weer by Loftus Versfeld aan te meld.

Dit laat jou groter droom. Veral om te sien hoe spelers soos Handré Pollard, Jesse Kriel, RG Snyman en Malcolm Marx, saam met wie ek vir die Junior Bokke gespeel het, so goed vaar.

“Ek was baie opgewonde om Sondag (teen die Leeus in die FNB-stadion) weer in ’n Blou-trui te speel. Die vooruitsig van Superrugby is ook ’n lekker een.

“Ek het nog net drie keer in die kompetisie gespeel, waarvan twee as ’n plaasvervanger was.”

Nonkontwana sê Strauss, wat 15 toetse vir Skotland gespeel het, is reeds ’n bate by Loftus.

“Josh het in die Sesnasies gespeel en ons kan baie by hom leer.

Nonkontwana sê die Springbokke se Wêreldbeker-triomf verlede seisoen in Japan dien as bykomende motivering.

“Dit laat jou groter droom. Veral om te sien hoe spelers soos Handré Pollard, Jesse Kriel, RG Snyman en Malcolm Marx, saam met wie ek vir die Junior Bokke gespeel het, so goed vaar.

“Dit laat jou besef enigiets is moontlik as jy hard werk en jou kan bewys in Superrugby.”

Hy beklemtoon die Bulle gaan die nuwe rugbyjaar sonder enige vrees binne.

“Ek dink dit is een van coach Pote se sterkpunte. Hy is goed daarmee om ’n omgewing te skep waarin elke individu hom kan uitleef.”

Meer oor:  Bulle  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.