Jack Maddocks, die voorste driedrukker tot dusver in vanjaar se Superrugby-reeks, gaan nie Vrydag teen die Stormers in Melbourne speel nie.

Jack Maddocks gaan nie teen die Stormers uitdraf nie. Foto: Getty Images
Volgens Dave Wessels, die Rebels se afrigter, het Maddocks ’n seer knie, maar hy beskou dit nie as ’n reuse-terugslag nie.
“Sulke situasies is baie makliker wanneer ’n ou soos Semisi Tupou so goed oefen soos tans. Hy was verlede naweek teen die Sunwolves ook baie goed as plaasvervanger. Ons is opgewonde om te sien wat Semisi gaan uitrig,” sê Wessels in ’n nuusverklaring deur die Rebels.
Maddocks het tot op hede vanjaar agt drieë gedruk – een meer as Will Jordan (Crusaders), Ngani Laumape (Hurricanes) en Rieko Ioane (Blues).
Wessels het drie ander veranderings gemaak aan die span wat in die sege van 42-15 oor die Sunwolves opgedraf het.
Sam Talakai (stut), Robbie Abel (haker) en Ross Haylett-Petty (slot) is almal in die beginspan. Hulle vervang onderskeidelik vir Jermaine Ainsley, Anaru Rangi en Matt Philip.
* Die Rebels-span is: Reece Hodge, Semisi Tupou, Tom English, Billy Meakes, Marika Koroibete, Quade Cooper, Will Genia, Isi Naisarani, Angus Cottrell, Luke Jones, Adam Coleman, Ross Haylett-Petty, Sam Talakai, Robbie Abel, Tetera Faulkner. PLAASVERVANGERS: Hugh Roach, Matt Gibbon, Jermaine Ainsley, Esei Ha’angana, Rob Leota, Richard Hardwick, Michael Ruru, Campbell Magnay.
Superrugby-bepalings
Superrugby-puntelyste
Superrugby-uitslae