Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Reddingsboei vir Kiwi-rugbyspanne

Die Nieu-Seelandse Rugbyunie (NZR) het ’n reddingsboei aan elk van dié land se vyf Superrugbyunies gegee om hulself deur die volgende drie maande te dra tydens die Covid-19-pandemie.

Die spanne, wat almal tydelik alle bedrywighede moes opskort, sal elk 250 000 Nieu-Seelandse dollar (sowat R2,6 miljoen) ontvang.

Die Crusaders se Whetu Douglas storm vroeër vanjaar weg met die bal teen die Sunwolves. Foto: Getty Images

Die Superrugby-reeks is in Maart tydelik opgeskort, nadat die Nieu-Seelandse regering ’n reëling ingestel het dat almal wat die land binnegaan vir 14 dae in self-isolasie moet gaan.

Daar was aanvanklik sprake dat die land se spanne in ’n kompetisie teen mekaar sou speel, maar nadat maatreëls verskerp is om die verspreiding van die virus te keer, is die planne laat vaar.

“Hierdie besluit is geneem om ons Superrugby-spanne te beskerm, sodat hulle gereed is indien die reeks later vanjaar hervat. Maar ook dat hulle in 2021 en vorentoe kan deelneem aan die reeks in watter vorm dit ook al plaasvind,” sê Mark Robinson, uitvoerende hoof van NZR.

Die Superrugby-reeks sal vanaf 2021 tussen 14 spanne beslis word, met die Sunwolves wat uitval. Die stelsel van verskillende konferensies val ook weg, met al die spanne wat teen mekaar te staan kom.

Dalende getalle toeskouers wat wedstryde bywoon en ook wedstryde op TV volg, het tot spekulasie gelei dat nog veranderinge aangebring kan word.

Robinson het ook laat blyk dat ’n werksgroep, wat uit verteenwoordigers van provinsiale unies, Superrugby-spanne en die spelersvereniging bestaan, sal vergader om die strukture van rugby in die land te ondersoek.

Rugby is Nieu-Seeland se nasionale sport, maar ten spyte van die reuse-sukses van die All Blacks, gaan dinge uit ’n finansiële oogpunt maar broekskeur op die laer vlakke. – Reuters

Meer oor:  Mark Robinson  |  Superrugby  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Nzr  |  Reddingsboei
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.