Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Reds duik Rebels voos in Brisbane
Die Reds se James O’Connor. Foto: Getty Images

’n Week gelede het die lofgesange ingestroom nadat die Rebels so effens teen die verwagting in met die Brumbies klaargespeel het, maar Saterdag is hulle met geweld aarde toe gebring.

Die Reds het die Rebels met 19-3 in Brisbane in die Australiese AU-Superrugbyreeks geklop. Teen rustyd was die wenspan met 14-3 voor, nadat Jordan Petaia en Brandon Paenga-Amosa in die eerste helfte gaan druk het.

Die Rebels het in daardie eerste 40 minute kwesbaar op die verdediging gelyk wanneer die Reds die bal deur die hande laat gaan het.

Gepraat van verdediging: Ná rustyd het die Rebels op die aanval geboer en die meerderheid balbesit gehad. Met ’n speler soos die senter Matt To’omua aan die voorpunt weet die Rebels hoe om deur en om teenstanders te hardloop. Maar die Reds het vasgebyt en die Rebels die hele tweede helfte – en eintlik die hele kragmeting lank – verhinder om ’n drie te druk.

En net om te wys daar is meer aan hierdie Rebels as bloot goeie verdediging, het die senter Hamish Stewart kort voor die einde deurgedraf vir sy span se derde drie. Dit is seker nogal ’n getuigskrif dat dit gedoen is met slegs 14 spelers op die veld omdat Paenga-Amosa in die koelkas was.

Die Rebels was nie net stert in die lug ná hul sege oor die Brumbies verlede week nie, hulle het ook hul vorige drie wedstryde in die reeks gewen.

Puntemakers: Reds 19 (14): Drieë: Jordan Petaia, Brandon Paenga-Amosa. Doelskoppe: James O’Connor (2).

Rebels 3 (3): Strafdoel: Matt To’omua.

Meer oor:  Rebels  |  Reds  |  Au-Reeks  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.