Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Reds rol die rigtinglose Haaie

Die Haaie was hul eie grootste vyand in Vrydag se nederlaag met 21-14 in die Superrugbyreeks teen die Reds in Durban.

Dit is die tweede agtereenvolgende week wat die Haaie se tande in die Haaitenk getrek is.

Storie van die dag. Die Haaie se Curwin Bosch vind Vrydag geen deurkomkans in die Red-verdediging nie. Foto: Gallo Images

Vir die Reds was dit die eerste oorwinning in meer as ’n dekade oor die Haaie in Durban en hulle was dit waardig omdat hulle veel meer effektief as die Durbaniete was, al het hulle veel minder van die bal gesien.

Dit was ’n frustrerende wedstryd vir die Haaie, met talle gulde kanse vir punte weggesmyt is.

Daar was altyd ’n laaste aangee wat verlore gegaan het of besit wat doelloos weggesmyt is.

Die besoekers uit Brisbane was meer akkuraat en sommer al in die tweede minuut het die losskakel Bryce Hegarty soos ’n warm mes deur botter gesny om onder die pale te gaan afrond.

Hulle het hier die voorsprong vergroot toe die sterk senter Samu Kerevi ook deur ’n gaping is voor hy Chris Feauai-Sautia in besit gestel het om te gaan druk.

Kerevi, die Reds-kaptein, was kolossaal in die middelveld en elke keer wat hy aan die bal geraak het, het daar iets positief vir die besoekers gebeur.

Sbu Nkosi loods Vrydag ’n aanval vir die Haaie – daar was verskeie sulke kanse vir die tuisspan teen die Reds, maar hanteerfoute het die tuisspan se kanse telkens beduiwel. Foto: Gallo Images

Die Haaie het meer as genoeg besit gehad. Het die span sy kanse behoorlik benut, kon hy selfs ’n gerieflike voorsprong gehad het toe die spanne kante geruil het.

Maar al geleentheid wat in punte omskep is, was toe die groentjie-haker Kerron van Vuuren ’n dryfmaalbeweging afgerond het.

Kort voor die rustyd het ’n wilde aangee van die sterk senter André Esterhuizen ’n seker drie in die wiele gery nadat hy goed gedoen het met ’n breekslag.

Die Haaie het in die tweede helfte weer die meeste van die besit gehad, maar kon nogmaals nie afrond nie.

Net voor die halfpadmerk in dié helfte het die Reds een van hul min kanse gekry. Met goeie ondersteunende spel het hulle die Haaie gewys hoe dit gedoen moet word met die woelige skrumskakel, Tate McDermott, wat gedruk het.

In die geheel het die Haaie hanteerfoute begaan asof dit Paaseiers was wat uitgedeel word.

Met die oorsese toer wat nou vir die Durbaniete voorlê, wag daar op die oog af moeilike tye op Robert du Preez (afrigter) en sy spelers.

Punte:

Haaie 14  (7): Drieë: Kerron van Vuuren, Jean-Luc du Preez. Doelskoppe: Robert du Preez, Curwin Bosch.

Reds 21 (14): Drieë: Bryce Hegarty, Chris Feauai-Sautia, Tate McDermott. Doelskoppe: Hegarty (2), Hamidi Stewart.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Reds  |  Haaie  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.