Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Reds slag Waratahs in Superreeks

Danksy ’n opwindende eerste helfte het die Reds hul Superrugby AU-veldtog met ’n wegholoorwinning afgeskop – en in die proses ’n bonuspunt ingesamel.

Superrugby-lekkerte! Filipo Daugunu, vleuel van die Reds, duik oor vir sy eerste drie. Foto: Getty Images

Die Reds het die Waratahs Vrydag gemaklik met 41-7 in Brisbane in die eerste wedstryd van vanjaar se reeks geklop.

In daardie eerste 40 minute was dit asof net die Reds op die veld was. Hulle het opwindende rugby opgedis en vinnig-vinnig drie drieë gedruk, wat die grondslag vir die sege gelê het. Met die rustyd was die telling reeds 27-7.

Die Waratahs het boonop in die eerste helfte ’n terugslag beleef toe hul senter Izaia Perese kort voor die draaislag die trekpas gekry het vir ’n ontoelaatbare duikslag.

Maar gun die Reds wat hulle toekom. Jy het geweet daar is aksie op pad elke keer wat die tuisspan se vleuel Filipo Daugunu aan die bal geraak het. Hy het lus vir hardloop gelyk en is met twee drieë beloon.

Die kere wat die Waratahs op die aanval was, het die Reds se verdediging gehou. Of het die tuisspan omkeerbesit bewerkstellig – soos hul haker, Alex Mafi, kort voor rustyd.

Maar haal gerus jou hoed af vir die Reds se losskakel en kaptein, James O’Connor. Hy het met die manier waarop hy die spel gelees en ’n hand in van sy span se drieë gehad het, gewys dat hy floreer met die bykomende verantwoordelikheid van leierskap.

In die tweede helfte het die Reds ’n paar jakkalsies soos hanteerfoute in die wingerd gehad, maar niks sou die span van die oortuigende sege weerhou nie.

Puntemakers:

Reds 41 (27): Drieë: Jock Campbell, Filipo Daugunu (2), Alex Mafi, Ilaisa Droasese. Doelskoppe: James O’Connor (5). Strafdoele: O’Connor (2).

Waratahs 7 (7): Drie: Jake Gordon. Doelskop: Will Harrison. 

Meer oor:  Superrugby Au-Reeks  |  Reds  |  Waratahs  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.