Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Reds speel met ‘Durban-troef’ teen Haaie

Toe die Reds laas ’n Superrugby-wedstryd teen die Haaie in Durban gewen het, het spelers soos Chris Latham, Wendell Sailor, Elton Flatley en Toutai Kefu (almal Wallaby-strydrosse) nog vir dié span van Queensland uitgedraf.

Die Reds-flank Liam Wright, ’n Suid-Afrikaner van geboorte, verlede jaar teen die Bulle in aksie. Foto: Getty Images

Sedert daardie naelskraapse oorwinning van 6-5 in 2004, kon die Reds nog nie weer sukses smaak in KwaZulu-Natal nie.

Brad Thorn se span sal dus poog om ’n wendroogte van 15 jaar in Durban tot ’n einde te bring. En niemand sal meer oorgehaal wees om die bordjies te verhang as die Reds-oopkantflank Liam Wright nie.

Dié 21-jarige, wat al vir die Wallabies teen die Barbarians gespeel het, is in Durban gebore en sal die eerste keer op dié vlak in sy geboortestad in aksie wees.

Wright se ouers het na Australië geëmigreer toe hy sewe jaar oud was.

Hy het in sy aangenome land groot indruk gemaak as skolespeler en het Australië se o.20-span ook vir twee jaar verteenwoordig.

Wright is nie ’n tipiese oopkantflank nie, aangesien hy 1,93 m in sy sokkies staan. Hy bied dus ook opsies in die lynstaan, wat hom ’n waardevolle speler maak.

Die Haaie sal kennis neem van Wright, maar hul fokus dié week sal sekerlik wees om sielkundig skerp te wees vir die kragmeting op Goeie Vrydag.

Ná die emosionele hoogtes van die weghol-oorwinning op Ellispark tot die laagtepunt van ’n groot nederlaag teen die Jaguares op Kingspark, sal die Haaie daarteen moet waak om die pad geheel en al byster te raak met nóg ’n swak vertoning tuis.

Hoe hulle opstaan teen die Australiërs, sal baie van hul karakter verklap.

Maar moenie verwag dat die Reds summier gaan handdoek ingooi nie.

Hul afrigter was in sy speeldae bekend as ’n hardekwas-All Black wat vir niemand teruggedeins het nie. Hy probeer die afgelope twee seisoene ook dié benadering vestig by ’n span besaai met jongelinge.

– Sportredaksie

* Bykomende bron: News.com.au

* Afskop Vrydag: 15:05 (SS 1).

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Reds  |  Haaie  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.