Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Hoogtepunte: Crusaders weer kampioene

Die Leeus het alles in die stryd gewerp, maar die Crusaders was eenvoudig net te goed vir hulle in die eindstryd van die Superrugby-reeks.

Die Crusaders het die stryd met 37-18 gewen en hul titel sodoende suksesvol verdedig. 

Wedstrydverslag: Kliniese ’Saders behou Super-titel teen Leeus

04 Aug. 11:41:34

Die Crusaders vier fees. 

04 Aug. 11:21:09

Die Crusaders verdedig hul Super-titel suksesvol met 'n sege van 37-18 oor 'n moedige Leeus-span in die eindstryd!

04 Aug. 11:17:30

Die Leeus gaan vir oulaas probeer om nog 'n drie te druk. Hulle het 'n lynstaan net weg van die Crusaders se doellyn. 

04 Aug. 11:07:48

Scott Barrett druk die Crusaders se vierde drie onder die pale. 

Dit is neusie verby vir die moedige Leeus. 

04 Aug. 11:04:53

Malcolm Marx druk die Leeus se tweede drie! 

04 Aug. 11:03:13

Geelkaart vir Ryan Crotty na negatiewe spel. 

04 Aug. 10:58:29

Punte vir die 'Saders! Mitchell Drummond, die plaasvervangerskrumskakel, is oor onder die pale. 

04 Aug. 10:56:07

Combrinck trek los met 'n lang strafdoelpoging, maar hy trek die bal skeef. 

04 Aug. 10:50:22

Aphiwe Dyantyi, wat 'n paar minute vroeër opgestuur is, maak 'n groot verskil. 

04 Aug. 10:48:36

Uiteindelik kry die Leeus 'n bres geslaan. Brink bars deur 'n duikslag en nael 25 meter doellyn toe. 

Meer oor:  Leeus  |  Superrugby-Eindstryd  |  Crusaders  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.